Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontaard
ontaard [boodskap #142239] Wo, 21 Junie 2023 15:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontaard
Afbreking: ont•aard
Samestelling: ont- + aard


Werkwoord: ontaard
Verlede tyd: het ontaard
Teenwoordige deelwoord: ontaarde

Betekenis:
• Om in iets slegter te verander.

Gebruik:
• Hy het in 'n dronklap ontaard.
• Pasop dat suinigheid nie in gierigheid ontaard nie.

Sinoniem:
• agteruitgaan
• degenereer
• vererger
• vergaan
• versleg
• verval
• verword

Afgelei:
• ontaarde
• ontaarding

Vertaling:
Engels: to degenerate, deteriorate
Nederlands: ontaarden


Byvoeglike naamwoord: ontaard
Attributief: ontaarde

Betekenis:
• Wat sy ware aard verloor het.

Gebruik:
• Toe antwoord Jesus: "Ongelowige en ontaarde geslag! Hoe lank moet Ek nog by julle wees en julle verdra? [Lukas 9:41]

Vertaling:
Engels: degenerate
Nederlands: ontaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afpersing
Volgende onderwerp: hernubaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:44:12 MGT 2024