Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » midde
midde [boodskap #142229] Di, 20 Junie 2023 12:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
midde
Afbreking: mid•de


Selfstandige naamwoord: midde
Meervoud:

Betekenis:
• Die middel van 'n groep mense of 'n versameling dinge.
• Die vaste uitdrukking "te midde van"; omring deur.

Gebruik:
• Welkom in ons midde.
• Te midde van teenspoed het hulle hoopvol gebly.

Spreekwoord:
• Iets in die midde bring. [Iets ter sprake bring.]
• Iets in die midde laat. [Nie daaroor praat nie; dit onbeslis laat.]

Sinoniem:
• tussen

Afgelei:
• midde-in
• Midde-Amerika
• Midde-Europa
• Midde-Ooste
• middestad
• middestand
• middeweg
• middeweste

Vertaling:
Engels: midst, amid
Nederlands: midden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seksueel
Volgende onderwerp: lewenslank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:42:34 MGT 2024