Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » statistiek
statistiek [boodskap #142200] So, 18 Junie 2023 19:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
statistiek
Afbreking: sta•ti•stiek


Selfstandige naamwoord: statistiek
Meervoud: statistieke
Verkleinwoord: statistiekie
Meervoud van verkleining: statistiekies

Betekenis:
• Die insameling en ontleding van kwalitatiewe gegewens (numeriese data).
• Een van die gevolgtrekkings wat uit die gegewens gemaak word.

Gebruik:
• Hy is 'n professor in statistiek.
• Die jongste statistieke toon dat die aarde se temperatuur besig is om te styg.

Sinoniem:
• syferdata
• syferkennis

Hiponiem:
• bevolkingstatistiek
• bevolkingsstatistiek
• biostatistiek
• geboortestatistiek
• skeepvaartstatistiek
• sterftestatistiek
• verkeerstatistiek

Afgelei:
• statistiekprogram
• statistiekdiens
• statistiekkursus

Verwant:
• statisties
• statistikus

Afkorting:
• statist.

Vertaling:
Engels: statistics
Nederlands: statistiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: woordelys
Volgende onderwerp: onderhewig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:48:03 MGT 2024