Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » begaan
begaan [boodskap #142188] Sa, 17 Junie 2023 19:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
begaan
Afbreking: be•gaan
Samestelling: be- + gaan


Werkwoord: begaan
Verlede tyd: het begaan

Betekenis:
• Om iets te doen wat verkeerd of verbode is.
• Om oor 'n oppervlakte te loop of te ry.
• Om sonder belemmering voort te gaan.

Gebruik:
• Sy begaan 'n fout. Hy het 'n misdaad begaan.
• Die pad is moeilik om te begaan.
• Laat hom begaan.

Sinoniem:
• pleeg

Afgelei:
• begaanbaar

Vertaling:
Engels: to commit, perpetrate; to walk, walk upon, tread; to let go
Nederlands: begaan


Byvoeglike naamwoord: begaan
Attributief: begane

Betekenis:
• Om bekommerd en besorg te wees.

Gebruik:
• Sy is begaan oor die land se toekoms.

Sinoniem:
• angstig
• besorg
• beangs
• bekommerd
• gekwel
• verontrus

Afgelei:
• begaandheid

Vertaling:
Engels: anxious, concerned
Nederlands: begaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sege
Volgende onderwerp: inval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:47:24 MGT 2024