Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » towenares
towenares [boodskap #142159] Vr, 16 Junie 2023 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
towenares
Afbreking: to•we•na•res
Samestelling: towenaar + -es


Selfstandige naamwoord: towenares
Meervoud: towenaresse
Verkleinwoord: towenaressie
Meervoud van verkleining: towenaressies

Betekenis:
• 'n Vrou wat kan toor; vroulike towenaar.
• 'n Vrou wat met die okkulte en ander duister dinge doenig is.

Gebruik:
• Liewe Heksie was nou nie juis 'n suksesvolle towenares nie.
• Jy mag nie 'n towenares laat lewe nie. [Eksodus 22:18]

Sinoniem:
• heks

Antoniem:
• towenaar (manlik of neutraal)

Vertaling:
Engels: sorceress, witch
Nederlands: tovenares

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tonmeule
Volgende onderwerp: bestuurderes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:58:07 MGT 2024