Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lelie
lelie [boodskap #142150] Do, 15 Junie 2023 09:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskillende lelies.
Verskillende lelies.
lelie
Afbreking: le•lie


Selfstandige naamwoord: lelie
Meervoud: lelies
Verkleinwoord: lelietjie
Meervoud van verkleining: lelietjies

Betekenis:
• 'n Plant met groot kelkblomme wat van bolle gekweek word, genus Lilium en familie Liliaceae.

Gebruik:
• Wit lelies word as die simbool van reinheid en onskuld beskou.

Hiponiem:
• aaslelie
• belladonnalelie
• berglelie
• daglelie
• brandlelie
• impalalelie
• kandelaarlelie
• kliplelie
• krismislelie
• lelie-der-dale
• madonnalelie
• narsinglelie
• sandlelie
• Sandveldlelie
• seelelie
• swaardblomlelie
• swaardlelie
• tierlelie
• varklelie
• vuurlelie
• waterlelie

Afgelei:
• lelieagtig
• lelieblank
• leliefamilie
• lelievormig
• leliewit

Vertaling:
Engels: lily
Nederlands: lelie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: retort
Volgende onderwerp: wasgoedpennetjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:59:35 MGT 2024