Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fluweel
fluweel [boodskap #142144] Wo, 14 Junie 2023 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fluweel
Afbreking: flu•weel


Selfstandige naamwoord: fluweel
Meervoud: fluwele
Verkleinwoord: fluweeltjie
Meervoud van verkleining: fluweeltjies

Betekenis:
• 'n Sagte materiaal met fyn haartjies wat glad tussen die vingers voel.
• (figuurlik) Iets wat aan die soort materiaal herinner.

Gebruik:
• Die kussings is met pers fluweel oorgetrek.
• Die aanbieder het 'n stem van fluweel.

Sinoniem:
• sameet (verouderd)

Hiponiem:
• koordfluweel
• katoenfluweel
• wolfluweel

Afgelei:
• fluweelagtig
• fluweelbaadjie
• fluweelband
• fluweelblom
• fluweelgordyne
• fluweelllint
• fluweelmantel
• fluweelmus
• fluweelpak
• fluweelrok
• fluweelrooi
• fluweelsag
• fluweelweefsel
• fluwelig

Vertaling:
Engels: velvet
Nederlands: fluweel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gekonfyt
Volgende onderwerp: bedelares
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:46:34 MGT 2024