Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gekonfyt
gekonfyt [boodskap #142143] Wo, 14 Junie 2023 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gekonfyt
Afbreking: ge•kon•fyt
Samestelling: ge- + konfyt


Byvoeglike naamwoord: gekonfyt
Attributief: gekonfyte

Betekenis:
• Wat goed is met iets; ervare en bedrewe is.

Gebruik:
• Bestuurders wat nog nie so gekonfyt is nie moet liefs van die hoofweë af bly.

Sinoniem:
• bedrewe
• ervare
• geoefen
• ingeoefen
• touwys
• vaardig

Vertaling:
Engels: well-versed, skilled in, an expert at
Nederlands: bedreven


Werkwoord: konfyt
Verlede tyd: het gekonfyt

Betekenis:
• Verlede tyd van konfyt.

Gebruik:
• Het jy die brood behoorlik gekonfyt?

Vertaling:
Engels: jammed
Nederlands: geconfiteerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: besmetting
Volgende onderwerp: fluweel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:48:50 MGT 2024