Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skou
skou [boodskap #142124] Ma, 12 Junie 2023 18:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skou
Afbreking: skou


Selfstandige naamwoord: skou
Meervoud: skoue

Betekenis:
• 'n Uitstalling of tentoonstelling van goedere wat besigtig kan word.

Gebruik:
• Ons beman 'n stalletjie by die skou.
• Hierdie stoetbul het die eerste prys op die skou gewen.

Hiponiem:
• handelskou
• landbouskou
• modeskou
• wapenskou

Afgelei:
• skouburg
• skougrond
• skoukomitee
• skouspel
• skoustalletjie
• skouterrein
• skoutyd

Vertaling:
Engels: show, exhibition, fair
Nederlands: beurs, expositie


Werkwoord: skou
Verlede tyd: het geskou

Betekenis:
• Om iets uit te stal of ten toon te stel.
• Om medies te besigtig of te ondersoek.

Gebruik:
• Sy skou met duiwe.
• Die lyk moet nog geskou word.

Vertaling:
Engels: to put on show; examine
Nederlands: tentoonstellen; onderzoeken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beoordeel
Volgende onderwerp: desigram
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 04:47:49 MGT 2024