Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorste
voorste [boodskap #142091] Vr, 09 Junie 2023 20:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorste
Afbreking: voor•ste
Samestelling: voor (bw.) + -ste


Byvoeglike naamwoord: voor
Attributief: voorste

Betekenis:
• Wat heel voor is; die verste vooraan.

Gebruik:
• Sy sit in die voorste ry in die klas.

Spreekwoord:
• Hy is haantjie die voorste. [Hy is op die voorpunt van die kwaaddoenery.]

Sinoniem:
• eerste

Antoniem:
• agterste
• laaste

Vertaling:
Engels: first, foremost
Nederlands: voorste

Nota:
• Kan ook as 'n onbepaalde rangtelwoord geklassifiseer word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vorder
Volgende onderwerp: aambei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 10 05:06:04 MGT 2024