Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Disseksie van Bedrog
'n Disseksie van Bedrog [boodskap #14204] Do, 30 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Sizwe" (skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde) het verlede week 'n
stuk uiters rassistiese teks geplaas en voorgegee dat dit 'n uitspraak van
PW Botha in 1985 was.

Die inhoud van die berig was van die soort wat hoofopskrifte in die koerante
in Suid-Afrika sou haal, en wat PW Botha die verkiesing sou kos as hy dit
gesê het.

Die "bronne" was "Sizwe" aanhaal het, het verdag voorgekom.

Ek het bevestig dat die Johannesburgse Sunday Times van die gegewe datum
geen berig gedra het met naastenby daardie strekking nie. Daar was ook geen
bydraes deur 'n David G. Maillu nie.

"Sizwe" het, Op kwaadwillige wyse PW Bothat belaster. Daarmee het ek vrede.
Die ou is oud en skelm genoeg om daaroor op te tree - as hy hom sou
verwerdig om aan so iets aandag te gee.

Die berig impliseer egter noodwendig dat die meerderheid Afrikaners
ontvanklik was vir die soort "boodskap" wat "sizwe" geplaas het. Die
gesiglose "Sizwe" belaster dus, op kwaadwillige wyse Afrikaners. Hy skep
valse persepsies aangaande die soort boodskap wat hulle graag van politieke
leiers hoor.

Hy gaan verder:
SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
>> "Leendert van Oostrum" skryf:
> Vir so lank was daar gese ons weet wat goed is vir swartes,
> hoe hulle dink, wat hulle wil he. Saamwerk in daardie terme was wel van die
> "say after me..." verskeidenheid en het beslag gevind in gedwonge
> groepsverskuiwings, tuislande, trek-arbeid, aandklokreel en wat nie nog
als.

Heeltemal korrek. Wie het elkeen van hierdie dinge ingestel, wanneer is dit
gedoen? Wie het hulle afgeskaf en wanneer?

> Nou, egter, vra ons as swart burgers bloot vir jou, mede wit landgenoot, vir 'n
> introspektiewe eerlikheid, vir jou om te kyk na die maniere waarop die
> apartheidsstaat jou bevoordeel het, hetsy in toegang tot opvoeding,
> beroepsplasing en bevordering (onthou job reservation?), in ekonomiese status,
> in die toegang tot eerste taal, media, literatuur, kultuur.

Dis nie hoe dit werk nie Sizwe. As jy iemand van diefstal wil beskuldig is
dit nie voldoende om te verklaar "Hy het gesteel" nie. Jy moet ook
spesifiseer wat hy gesteel het, van wie, waar, en wanneer. Dus: vertel _jy_
vir my hoe die apartheidstaat my bevoordeel het in die volgende opsigte:
toegang tot opvoeding, beroepsplasing en bevordering (wie het job
reservation afgeskaf en wanneer?) in ekonomiese status, in die toegang tot
eerste taal, media, literatuur, kultuur.

Ek stel veral belang in die volgende aspekte:

Watter persentasie en absolute getal "onderdruktes" het toegang tot
"opvoeding" gehad voor, gedurende, en aan die einde van die
"apartheidstaat"? Vergelyk dit met die persentasie en absolute getal wit
Afrikaners in dieselfde tydperk.

Wat was die verteenwoordiging van "onderdruktes" in die verskillende
beroepskategorieë voor, gedurende, en aan die einde van die
"apartheidstaat", en wat was hulle vorderingstempo in daardie beroepe?
Vergelyk dit met die ooreenstemmende syfers vir wit Afrikaners.

Wie is "toegang tot eerste taal, media, literatuur, kultuur" ontneem of
onthou en deur wie? Wie het aangdring op die opheffing van beperkinge, of
dit gesteun en wanneer?

As ons jou lys getuienis het, kan ek oordeel waarvoor ek verantwoordelikheid
aanvaar - direk of middelik.

Maar hierdie dinge is nie eintlik waaroor jy wil praat nie, nie waar nie?
Waaroor jy wil praat is nie wat ek gedoen of gelaat het nie, maar oor jou
emosionele realiteit.

Waarvoor jy my die verantwoordelikheid wil laat dra.

> Ons vra bloot vir
> 'n openhartige worsteling met stereotipe, met sameswerende stilte, vooroordeel,
> onkunde,
Jy vra vir openhartigheid? Terwyl jy skuil agter die naam van 'n "dooie"
karakter in 'n verhoogdrama? Terwyl jy in daardie gedaante doelbewus 'n
valse stereotiepe van wit Afrikaners bevorder deur laster te versprei? Jy
durf die vinger wys na "sameswerende stilte" terwyl jy slinks en gesigloos
vooroordeel en onkunde oor Afrikaners voed en troetel?
> diskriminasie in die maniere waarop jy miskien jou huishulp, tuinier,
> of die outjie wat koelte onder jou boom kom soek het, behandel het. In hierdie
> proses kry jy 'n blik in ons ervaring.

Toon asseblief waar ek in enige stadium onregverdiglik teen enigeen
gediskrimineer het - van die kategorieë wat jy noem of enige ander.

En weet verseker. Ek sal ook nie teen jou diskrimineer nie. Ek sal van jou
dieselfde verwag as van iemand wat skryf onder die naam "sybrand".

Maar ek kan jou dit verseker - vir sover ek ooit t.o.v. sulke persone
gediskrimineer het was dit diskriminasie van die "regstellende" soort.
Moenie dink ek sal dieselfde met jou doen nie. Daardie tyd is Goddank verby.
Ek sal jou meet aan elke norm van verantwoordelike burgerskap, want met
"bevryding" is ek ook bevry van die las om buitengewoon bedagsaam te wees
teenoor skurke soos jy net omdat jy 'n swart huid dra.

> Dis al. Nie vergelding nie, maar
> rekonsiliasie gebore uit insig as to hoe BEIDE van ons geraak is deur evil.

Wat van insig in die wyse waarop jy jou slagofferstatus troetel en voed met
leuens en laster? Sodat jy 'n "emosionele realiteit" van masochisme kweek
wat geen ooreenkoms toon met 'n feitelike werklikheid nie? Wat van insig in
die wyse waarop jy die vinger na my wys en eis dat ek verantwoordelikheid
neem vir die emosionele realiteit wat jy by skrywers soos Ani afkyk?

> As ek dit nie mis het nie vra Gloudina jou nou al hoe lank om jou rol te
> artikuleer - ons wag nou nog.

Jy stapel darem die getuienis van jou vooroordeel op, nie waar nie?

Gloudina sit hier op haar besemstok in gumboots en overall en skreeu "vark,
vark, apartheidsvark". Sy het nog geen getuienis gelewer dat sy ooit enige
NP minister in kennis gestel het van sy status as "apartheidsvark" nie. Haar
naam word beswaarlik geassosieer met die van Cissy Gool of Helen Joseph.

Maar sy (en jy - hoeveel ministers het jy 'n "apartheidsvark" genoem?) sit
hier eise te stel aan my om my "onskuld" te bewys? Not bloody likely.

Jy en sy sal ten minste die terme waarin julle die rol van 'n
"apartheidsvark" beskryf duidelik en ondubbelsinnig uitspel - beginnende met
'n duidelike uiteensetting van wat julle met "apartheid" bedoel. Jy mag
outentieke emosionele realiteit insluit as 'n element.

Ek is geensins van voorneme om my te verdedig teen skimklagtes wat kom uit
dertig jaar se propaganda nie.

> Behalwe vir 'n reaksionere poging on sensuur in
> 'n briefie te beveg (was dit Magersfontein?). In ieder geval dink ek daardie
> daad was gebore uit die feit dat sensuur jou passie-perd is en onafhanklik is
> van die verwantskap tussen Aparttheid en sensuur -

(Net terloops - jy is heeltemal reg. My optrede was bloot op sensuur gemik.)

> anders sou jy seker ook jou
> briefie skryf om die verbanning van boeke soos Kaffir Boy of Black beauty
> (hemel) te protesteer.

Wanneer is "Black Beauty" verban? Ek het nou nog die kopie waarmee ek
grootgeword het. Is dit nog een van die urban legends van apartheid waarmee
jy jou doelbewuste slagoffermentaliteit voed?

> Allermins. Wat van emosionele realiteit.

Ah! "Emosionele realiteit". Dit nou soos in: "Never mind what you really
did! I blame you for the way I feel! En jy beter nou jou varkstatus erken!"

Onthou. Daar is outentieke emosie en daar is manipulatiewe emosionele bedrog
(en selfbedrog).

> Om die deel van my apartheidswonde
> as tjank en piepie af te maak is callous en ongevoelig.

Meer nog. Dis berekend "callous" en ongevoelig. Op die selfde wyse as wat
dit "callous" en ongevoelig is om 'n histeriese mens te klap. Dit herinner
hom aan die bestaan van 'n werklikheid buite die vorteks van selfbedrog
waarin hy homself insuig.

> Hiervolgens is die
> gevolge van slawerny, joodse konsentrasiekampe en die emosionele realiteite van
> Rwanda tog ook maar net tjank en piepie ne.

Jy assosieer hier doelbewus jou ervaring - jou emosionele realiteit - met
drie vergrype teen menseregte van massiewe omvang.

Ek wil vir jou nog vier noem - sommer uit jou eie agterplaas: a) Die
uitwissing van die San - 'n proses waaraan wittes, swartes en bruines in
Afrika oor etlike duisende jare lustig meegedoen het. b) Die Mfekane - die
verdelging van hele bevolkings onder Shaka, wat massiewe volksverhuisings,
ekonomiese, kulturele en morele verval veroorsaak het tot in die meregebied
van midde-afrika - waarvan die groot trek maar een was. c) Die uitdelging
van tienduisende weerlose lede van die wit en swart bevolkings noord van die
Oranje deur die Britse Empire een eeu gelede, en die vernietiging van alle
lewensmiddele en die vermoë om lewensmiddele te skep. d) Die volksmoord op
die Herero onder Duitse bewind aan die begin van die eeu - as gevolg waarvan
die Ovambo vandag nog 'n oorheersende getallemeerderheid in Namibië het.

Ek stel dit nou aan jou dat daar 'n massiewe kwalitatiewe en kwantitatiewe
verskil is tussen die objektiewe realiteit van jou ervaring en die van die
slagoffers van slawerny, Jode konsetrasiekampe en die Rwandese volksmoord.
En tussen jou ervaring en die van ander in hierdie einste land.

Ek stel dit verder aan jou jy 'n valse emosionele assosiasie met die
outentieke smart en lyding van die misrabele slagoffers van die holocaust
skep, troetel en bevorder met die uitsluitlike doel om die objektiewe
verskille tussen jou ervaring en die van die slawebevolkings, jode en
Rwandese te verdoesel. Ek stel dit aan jou dat jy dit doen om verdere vals
persepsies oor Afrikaners te skep - om mense se persepsie oor die objektiewe
realiteit in jou guns te manipuleer.

> Die doel van hierdie emosionele
> deel en realiteit (net soos met die waarheidskommissie) het dit altyd basies
> ten doel gehad dat die storie jou beweeg om aandagtig in jouself te tuur,
> liewer as in jou beursie. Jy het dit heeltemal agterstevoor.

"Point taken". Kom ons draai die storie dan om. Kom ons staan langs mekaar
en kyk na 'n "emosionele realiteit" in die spieël:

Een geslag gelede het tienduisende vroue, kinders, en verswaktes, wit en
swart, in hierdie land gevrek onder die hand van die Britse veroweraar.
Honderdduisende, wit en swart, is vir dekades daarna in ellende gedompel.

Die verkose regering van die selfregerende Kaapkolonie het die Empire
gesteun in sy vergrype. Die regering van daardie kolonie is verkies deur
manspersone sonder diskriminasie op grond van "ras of kleur".

Met die uitsondering van 'n paar proteste soos die van Olive Schreiner en
wit Afrikaners - hoeveel stemme het in die Kaap opgegaan teen vergrype veel
erger as wat jy in jou lewe gesien of ervaar het?

Inteendeel: Duisende krygsgevangenes op pad na die kampe is deur die volk
van Kaapstad uitgejou, bespot, gespoeg en getart. En ek en jy ken die
"verbal abuse" wat die Kaapse gepeupel kan uithaal op 'n slagoffer nie waar
nie? Jy het dit self in hierdie forum gedemonstreer.

Die behandeling van krygsgevangenes in die Kaap kan jy opgeteken kry in baie
bronne. Die volgende een sal jy nêrens opgeteken kry nie - want nie almal
stal hul emosionele realiteit uit om daarop te kapitaliseer nie:

'n Friese vrou het die kampe ontsnap deur gerepatrieer te word nadat haar
man gevange geneem is. Met drie kleuters en 'n baba in doeke is sy in 'n
goederetrok tien dae lank Kaaptoe gery. Op een stasie (vermoedelik
Touwsrivier of Worcester) het "bruin mense wat Hollands gepraat het" haar en
die kinders met stokke gepor deur die splete in die wand van die trok. Vir
twee ure moes hulle vlug van een kant van die trok na die ander totdat 'n
"wit man wat Hollands gepraat het" hulle met 'n sambok kom verjaag het. In
Kaapstad is hulle geskel en gespoeg. Op pad deur Engeland was die
behandeling ewe erg, maar minder persoonlik.

Jy sien, "Sizwe". Ek is een van die locals. En sien jou ook na-ure.

Ek sien hoe jou vingers aanmekaar wegwys van jouself.

Dat jou emosionele realiteit vir jou geldig mag wees, gee ek toe en daarmee
het ek empatie - meer as wat jy mag vermoed. Maar ek sien hoe jy dit voed
met leuens en wanpersepsies wat nie verband hou met enige objektiewe
realiteit waarvan ek deel is nie. Ek sien hoe jy dit na buite keer en
daarvan 'n perseptuele realiteit maak vir konsumpsie deur mense soos
Gloudina wat vir dekades al hul eie morele bankrotskap tot sieraad verhef
deur daarop te teer. Ek sien hoe jy dit objektifiseer deur dit neer te lê in
geskrifte soos die wat jy aanhaal en versprei. Hoe jy die objektiewe
realiteit waarvan ek deel is daardeur doelbewus vervorm en vervals.

En dan gaan sit jy op die regterstoel met 'n skuilnaam soos 'n "swart"
puntmus oor jou kop en eis dat ek die valshede wat jy geskep het as waar
moet erken.

En dat ek verantwoordelikheid moet aanvaar, nie net vir wat ek gedoen of
gelaat het nie, maar ook vir die illusies van "evil" waarvan jy die geslepe
argitek is.

Daardie prys is te duur. Ek sal daarsonder gaan.

Haal jou "swart" masker af, "Sizwe", dat 'n mens jou gesig kan sien.
Was jou wonde sodat die inflammasie wat sy oorsprong in jou eie bedrog het
kan bedaar. Verwyder die teatergrimmering wat jy by Schindler's List afgekyk
het. Hou op om heuning aan te smeer om die verkleurings te laat glinster -
en blou ou brommers soos Gloudina aan te lok.

Dan kyk jy in my oë, as jy durf, en deel dit waarvan jy werklik ervaring
het - outentieke emosie ingesluit.

Groete, Leendert
Re: 'n Disseksie van Bedrog [boodskap #14228 is 'n antwoord op boodskap #14204] Vr, 01 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SizweBanzi  is tans af-lyn  SizweBanzi
Boodskappe: 44
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Volle Lid
> "Leendert van Oostrum" skryf:

> "Sizwe" (skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde) ...

"Skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde" herroep assosiasies van Dickie van
der Ross se eertydse berigte as Gus Adams. Ek twyfel of hy sou waardeer dat jy
hierdie frase (en, by implikasie, hom) nou met my assosieer - nie net omdat my
stelswyse so radikaal van sy "gentlemanly" manier verskil nie, maar ook omdat
my stellings ideologies van syne verskil. Voorts: daardie artikels was
denigrerend en beledigend, hoofsaaklik in struktuur en ideologiese motivering,
maar soms ook inhoudelik. Hierdie is egter nie die enigste rede vir die
onjuiste en smaaklose aard van die beskrywingsfrase nie.

Jy oorskat my "bekendheid". Ek reken dat dit spruit uit 'n wanopvatting ten
opsigte van my identiteit. Ek hoef nie "bekend" te wees om sekere argumente te
huldig, en dit op 'n bepaalde wyse te stel nie. Ek is, inderwaarheid, net nog
'n akademikus, soos jy, maar niemand ag dit belangrik om jou as 'n "bekende
Afrikaner-geleerde" aan te spreek nie. Maar dan is die basiese aanname seker
dat "kleurlinge" nie kan praat soos ek nie, kan dink soos ek nie, en dat ek
derhalwe 'n uitsondering is wat 'n spesiale etiket noodsaak (kleurlinggeleerde)
om my andersheid vas te vang. Snaaks, ook, dat jy so intens stoei teen
skynbare pogings om jou in 'n kategorie te hok, maar geen kontradiksie sien in
jou eie pogings om dieselfde te doen nie (ek was eers blond en wit en het
voorgegee om swart te wees; toe swart; toe 'n kleurling; toe van Genadendal;
toe van Mannenberg; toe 'n historikus; en nou 'n "kleurlinggeleerde")

Sizwe Banzi is vir my meer van 'n Nom de Guerre as 'n Nom de Plume. Ongellukig
kan Afrikaans nie hierdie fyn onderskeid illustreer nie en vervat, in
"skuilnaam", hoofsaaklik die Nom de Plume betekenis. Sizwe Banzi is egter meer
as dit. Dis 'n persona, 'n ideologiese identiteit, 'n ervaringsgebonde spieel
vir 'n groep sowel as die individu, en in sommigge gevalle selfs 'n visie vir
'n gewensde uitkoms. Dit is meer as net 'n individuele ek en spreek ook tot
die ervaring van baie ander soos ek.

> Die "bronne" was "Sizwe" aanhaal het, het verdag voorgekom.

> Ek het bevestig ...

>

Ek het reeds hierop geantwoord. Jy het dit nie "bevestig" nie en daar is geen
rede om bronne tussen aanhalings te plaas nie. Jy het jou onkunde ten opsigte
van navorsing duidelik geillustreer en verdedig nou jou narsissistiese wond in
opsomming eerder as die spesifieke pos wat jy gerieflik onbeantwoord laat.

En nou gaan ek oorslaan na Engels (Nico nieteenstaande), bloot omdat ek tien
minute het voordat ek elders moet wees en insoverre Engels my eerste taal is
druk ek my gouer en makliker daarin uit.

Your post and perspective is particularly problematic because it denies the
validity of my experience and those of other south africans. During the
Apartheid years you were able to enact in letter, spirit and deed your
perception of who I was and how I should live my life in relation to yours.
Now, you do the same, albeit qualitatively different in structure and
entrenched in mystifying rationalisations. You still, however, tell me what
Apartheid was like for me and mine - even to the extent that our experience is
not authentic (".... jy ...(skep) ... 'm valse emosionele assosiasie met die
outentieke smart en lyding van die misrabele slagoffers van die holocaust" EN
"... hoe inhoudloos en deur histerie gedrewe jou emosionele realiteit is").
You define the quality and direction of my being-in-the-world through your
charge that I and we exploit a spurious victimhood (which is reminiscent of the
male response to the rape victim as "having asked for it" in dress and
demeanour). You express the direction and terms of reconciliation in
unconditional forgiveness. You not only accord yourself the right to speak
about the nature of morality, but also elevate yourself to the untouchable
status of sermonizing about it to the extent that, again, your perspective is
the only one that's fast and true. You even go as far as to tell us that we
were not oppressed by placing in quotation marks "Watter persentasie en
absolute geval 'onderdruktes' het .....".

In spite of your protestations to the contrary, you have not illustrated any
willingness to listen to the story that is me or mine. You have little insight
into our experience and discount its expression as inauthentic and invalid.
You don;t know us and you have no desire to - just like Frikkie. Come over
here - quit telling us what we feel and what the black experience is really
like, and start questioning yourself about the white experience. And when you
do, you won;t need naive percentages of "... absolute getal onderdruktes ..."
and other intellectual doublespeak. You will come face to face with the power
and privilege accrued to you by virtue of the melanin content of your skin.
The television you watched represented your likeness; the language you heard on
radio, conducted business in, studied in was familiar to you and validated your
existence; the history you learned and taught presented you with proud images
of you and yours; you had choice in where you could live, work and play and
with whom to do so; you could swear or dress in shoddy clothes without people
attributing these choices to the bad morals of your race. You ask me for
privilege you had? Those truths are self-evident. You chose, then, to stay
ensconced in your demesne and would not reach out to learn, taste, smell, and
live ours - and the tragedy is that you continue to do so, even as the estate
changed hands. We could not choose and HAD to live in your world. I HAD to
deal with the likes of you (and still do), that civilized ghoul unaware of his
pact with the devil - a modern day Dorian Gray who covers the mirror for the
heart of darkness within him.

Yet, you don;t only deny our experience, but also employ a strategy by which
you equate racism with individual prejudice - a strategy that allows you to
assume that every group is racist and thus to avoid an acknowledgment of the
differences in power and privilege between you and people of color.

And, while I am pretty convinced that this is a feckless exercise - you won't
"get it" - I trudge on. Essentially also because this is not only my argument
or feelings, but those of many other people of colour who, when presented with
you and your arguments, will all be able to see you for the racist that you
are. You are a bane to nation-building in South Africa and non-racialism's
bete-noire.

I will not allow you to deny me and others like me, our experience. I will not
allow your turgid prose and tumid ego to intimidate and silence me. En al
skuil jy glansryk na aan die lig, sien ek jou vir wat jy werklik is, die koue
grond en swart klip van die kuil.
Re: 'n Disseksie van Bedrog [boodskap #14248 is 'n antwoord op boodskap #14204] Sa, 02 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes:

> You define the quality and direction of my being-in-the-world through your
> charge that I and we exploit a spurious victimhood (which is reminiscent of the
> male response to the rape victim as "having asked for it" in dress and
> demeanour). You express the direction and terms of reconciliation in
> unconditional forgiveness.

Presies. Leendert sal vir jou vertel
waaraan jy skuldig is, Leendert sal
vir jou vertel hoe jy hom moet vergewe
as hy dan nou aan iets skuldig is.
(Maar hy bieg nooit dat hy ook skuldig
is nie. Sy handjies is altyd skoon.)
Maar, ingeval hy nou wel skuldig is,
moet jy hom nou sonder voorwaardes
vergewe. Intussen neem hy dit op
homself om verskonings te gee vir die
dade van mense soos Verwoerd en PW
Botha, en al die detritus van die
tweede deel van die twintigste eeu
in SA, So, tot tyd en wyl jy wys
dat jy 'n mens van vlees en bloed
is, 'n mens wat eerlik bieg dat hy
en die mense wat hy nagevolg het
ook foute gemaak het, bly jy net
'n strooipop en nooi jy mense uit
om jou in die vuur te gooi en te
sien of daar enigiets anders as
strooi in jou is.

Gloudina
Re: 'n Disseksie van Bedrog [boodskap #14270 is 'n antwoord op boodskap #14204] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tel toe hierdie een ook op in die argief toe ek kyk of "Sizwe" ooit probeer
reageer het op die inploffing van sy wetenskaplike pretensies:

From: sizwe...@aol.com (SizweBanzi)
Subject: Re: 'n Disseksie van Bedrog
Date: 01 May 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
References:
X-Admin: ne...@aol.com
Organization: AOL http://www.aol.com
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

> "Leendert van Oostrum" skryf:

> "Sizwe" (skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde) ...

"Skuilnaam van 'n bekende kleurlinggeleerde" herroep assosiasies van Dickie
van
der Ross se eertydse berigte as Gus Adams. Ek twyfel of hy sou waardeer dat
jy
hierdie frase (en, by implikasie, hom) nou met my assosieer - nie net omdat
my
stelswyse so radikaal van sy "gentlemanly" manier verskil nie, maar ook
omdat
my stellings ideologies van syne verskil. Voorts: daardie artikels was
denigrerend en beledigend, hoofsaaklik in struktuur en ideologiese
motivering,
maar soms ook inhoudelik. Hierdie is egter nie die enigste rede vir die
onjuiste en smaaklose aard van die beskrywingsfrase nie.

LVO: Jy verstaan nog nie, nie waar nie "Sizwe". Jy stel 'n fiktiewe persona
hier op die nuusgroep op, met die naam "Sizwe Banzi". Jy bevolk daardie
persona met eienskappe wat kan ooreenstem met jou eie persoonlikheid of
nie - nie mand weet nie.

LVO: Aangesien die persona fiktief is, en hier aangebied word as common
currency behoort dit aan my net soveel as aan jou. Ek kan, net soos jy,
eienskappe daaraan toeskryf. Ek vermoed dat ek jou nie aan Derrida hoef voor
te stel nie.

Jy oorskat my "bekendheid". Ek reken dat dit spruit uit 'n wanopvatting ten
opsigte van my identiteit.

LVO: Ken jy die begrip "sarkasme"?

Ek hoef nie "bekend" te wees om sekere argumente te
huldig, en dit op 'n bepaalde wyse te stel nie. Ek is, inderwaarheid, net
nog
'n akademikus, soos jy,

LVO: Fout. Ek is geen akademikus nie. Hoogstens 'n student.

maar niemand ag dit belangrik om jou as 'n "bekende
Afrikaner-geleerde" aan te spreek nie.

LVO: Ek sou dit as sarkasme herken indien iemand dit doen.

Maar dan is die basiese aanname seker
dat "kleurlinge" nie kan praat soos ek nie, kan dink soos ek nie, en dat ek
derhalwe 'n uitsondering is wat 'n spesiale etiket noodsaak
(kleurlinggeleerde)
om my andersheid vas te vang.

LVO: Nee. Die basiese aanname is dat jy nie naastenby so geleerd is as wat
jy voorgee nie. En die meeste "kleurlinge" wat ek ken is heeltemal
welsprekend.

Snaaks, ook, dat jy so intens stoei teen
skynbare pogings om jou in 'n kategorie te hok, maar geen kontradiksie sien
in
jou eie pogings om dieselfde te doen nie (ek was eers blond en wit en het
voorgegee om swart te wees; toe swart; toe 'n kleurling; toe van Genadendal;
toe van Mannenberg; toe 'n historikus; en nou 'n "kleurlinggeleerde")

LVO: Sien my opmerkings oor dekonstruksie van 'n teks hierbo. Soos ek aan
Potgieter uitgewys het, is die kern van "Sizwe" juis sy identiteitloosheid.

Sizwe Banzi is vir my meer van 'n Nom de Guerre as 'n Nom de Plume.
Ongellukig
kan Afrikaans nie hierdie fyn onderskeid illustreer nie en vervat, in
"skuilnaam", hoofsaaklik die Nom de Plume betekenis. Sizwe Banzi is egter
meer
as dit. Dis 'n persona, 'n ideologiese identiteit, 'n ervaringsgebonde
spieel
vir 'n groep sowel as die individu, en in sommigge gevalle selfs 'n visie
vir
'n gewensde uitkoms. Dit is meer as net 'n individuele ek en spreek ook tot
die ervaring van baie ander soos ek.

LVO: Juis! "Sizwe" is geen indidividu nie. Die karakter wat jy hier voorhou
(lei ek af) is "die essensiële onderdrukte". Maar ek is ek. En ek sien geen
moontlikheid vir outentieke dialoog met 'n skimagtige "ideologiese
identiteit" nie. Outentieke dialoog is slegs moontlik tussen outentieke
mense.

> Die "bronne" was "Sizwe" aanhaal het, het verdag voorgekom.
> Ek het bevestig ...

>

Ek het reeds hierop geantwoord. Jy het dit nie "bevestig" nie

LVO: Ek het die mikrofilm van die Johannesburgse Sunday Times van 18
Augustus 1985 in die staatsbiblioteek in Pretoria ge-inspekteer. Ek het nie
'n teks gevind soos die wat jy aangehaal het nie, en ek het geen berigte
deur David G. Maillu gevind nie.

en daar is geen
rede om bronne tussen aanhalings te plaas nie. Jy het jou onkunde ten
opsigte
van navorsing duidelik geillustreer en verdedig nou jou narsissistiese wond
in
opsomming eerder as die spesifieke pos wat jy gerieflik onbeantwoord laat.

LVO: In my reaksie op jou "antwoord" waarna jy hierbo verwys daag ek jou uit
om, onder jou eie naam, jou "navorsing" oor die beweerde woorde van PW
Botha, aan die gehoor aan wie hy dit na bewering gerig het, op die tyd
waarop hy dit na bewering ge-uiter het, aan te bied in 'n algemeen aanvaarde
gesaghebbende wetenskaplike forum. Ek sien uit daarna.

En nou gaan ek oorslaan na Engels (Nico nieteenstaande), bloot omdat ek tien
minute het voordat ek elders moet wees en insoverre Engels my eerste taal is
druk ek my gouer en makliker daarin uit.

LVO: Ek het geen beswaar nie - inteendeel - miskien verstaan jy my beter in
Engels.

Your post and perspective is particularly problematic because it denies the
validity of my experience and those of other south africans.

LVO: Not in the least. I am denying the possibility that an "ideological
identity" parading under a nom de guerre can have any experience at all.
That is why I ask you to remove your mask.

LVO: Where you and "other South Africans" are concerned, I am pointing out
that what may be valid for you does not necessarily constitute an objective
reality - You may validly feel as if you have escaped the gas chambers of
Buchenwald. I can even empathyse with that. But that does not constitute
evidence that I killed anyone in a gas chamber, or attempted to do so to
you. Any demand from you that I admit to killing people in gas chambers is,
therefore, spurious to say the least. But that is precisely what you do when
you hoist the penant of Buchenwald and insist that I "repent".

During the
Apartheid years you were able to enact in letter, spirit and deed your
perception of who I was and how I should live my life in relation to yours.

LVO: Precisely. As I pointed out in an earlier post. One of the core
imoralities of "apartheid" of any kind lies in the way in which it attempts
to prescribe peoples identy.

Now, you do the same,

LVO: Not at all. I respect you right to your emotional reality. However, I
deny that you have the right to claim that it is also an objective reality.
Furthermore, I deny that you have the right to demand, as you did, that I
assume the identity that your emotional reality prescribes for me. I pointed
out to you that that makes you merely another apartheid pig. (Why does it
not surprise me to find that your most cogent argument is simply a warmed up
version of one that I used earlier?)

albeit qualitatively different in structure and
entrenched in mystifying rationalisations.

LVO: Ah! We are getting somewhere. You no longer claim to know me inside
out. At least you percieve something mystifying!

You still, however, tell me what
Apartheid was like for me and mine - even to the extent that our experience
is
not authentic (".... jy ...(skep) ... 'm valse emosionele assosiasie met die
outentieke smart en lyding van die misrabele slagoffers van die holocaust"
EN
"... hoe inhoudloos en deur histerie gedrewe jou emosionele realiteit is").

LVO: I am telling you that I find your attempts to associate your experience
with that of six million dead Jews and similar victims a despicable
pretence. I am also saying that I respect your right to indulge in
despicable pretences. But that I do not recognise that you have any right to
hold me responsible for your indulgences and most certainly not that you
have any right to demand that I admit such responsibility.

LVO: Furthermore: In my view, you are denigrating the agony and the
suffering of those people by donning their distress to adorn your own lesser
experience.

You define the quality and direction of my being-in-the-world through your
charge that I and we exploit a spurious victimhood (which is reminiscent of
the
male response to the rape victim as "having asked for it" in dress and
demeanour).

LVO: I do not deny your victimhood. I wish I could acknowledge it. You make
that impossible by falsely claiming a violation qualitatively and
quantitatively different from what you objectively endured.

You express the direction and terms of reconciliation in
unconditional forgiveness. You not only accord yourself the right to speak
about the nature of morality,

LVO: I do not accord myself that right. The right to speak on any issue is
vested in me as it is in you, as human beings. You have the right not to
hear me.

but also elevate yourself to the untouchable
status of sermonizing about it to the extent that, again, your perspective
is
the only one that's fast and true. You even go as far as to tell us that we
were not oppressed by placing in quotation marks "Watter persentasie en
absolute geval 'onderdruktes' het .....".

LVO: The quotation marks do not deny oppression. They denote the extent to
which your extravagant claims engender scepticism.

In spite of your protestations to the contrary, you have not illustrated any
willingness to listen to the story that is me or mine.

LVO: There have been no attempts to tell the story that is you or yours. You
have, deliberatly, paraded an "ideological identity" which you specifically
define as not you or yours. I have, repeatedly, asked you to tell the story
that is yours.

You have little insight
into our experience and discount its expression as inauthentic and invalid.

LVO: I will readily admit to lack of insight. Extravant claims verging on
the histrionic (such as claiming to hve been through the equivalent of the
Nazi death camps) is not likely to improve my insight. On the contrary, I
find that it reduces my desire for improved insight.

You don;t know us and you have no desire to - just like Frikkie.

LVO: I fear that you are right. I percieve in myself and mine a lessening
desire to know you.

Come over here

LVO: Over where - to a realm inhabited not by people but by an "ideological
identity"? Not bloody likely!

- quit telling us what we feel and what the black experience is really
like,

LVO: You know, I have not done that. What I have done is to tell you that I
find your rendition of it unbelievable. And I have told you why.

and start questioning yourself about the white experience. And when you
do, you won;t need naive percentages of "... absolute getal onderdruktes
..."
and other intellectual doublespeak.

LVO: Yeah. I realise that you have no desire to discuss particulars. I even
mentioned that I realise this.

You will come face to face with the power
and privilege accrued to you by virtue of the melanin content of your skin.

LVO: Lets see

The television you watched represented your likeness; the language you heard
on
radio,

LVO: True so far.

conducted business in, studied in was familiar to you and validated your
existence;

LVO: Untrue. Seriously so. It was foreign and hateful to me. I mastered it
as a matter of spite, and flaunted my mastery of "their" language with the
express intention to discomfort those who believed themselves my betters
because they were born to that language. The indignity of the situation was
brought home to me on every occasion when people would be disappointed to
learn that I am, in fact, Afrikaans.

the history you learned and taught presented you with proud images
of you and yours;

LVO: Hardly. Tens of thousands of dead and emaciated women and children do
not engender pride. Least of all does a constant and daily bombardment,
throughout one's adult life, of malicious slander of the kind you have tried
to purvey on this news group serve to affirm a positive self identity.

you had choice in where you could live, work and play and
with whom to do so;

LVO: Not quite. For many years it was a serious problem to find places one
could socialise with colleagues and work mates who were of a different hue.

you could swear or dress in shoddy clothes without people
attributing these choices to the bad morals of your race.

LVO: Not at all. The epithets of "hairy back" or "rock spider" stick in the
gullet you know. As, indeed, does the one of "apartheidsvark", likewise
attributed to the bad morals of one's race.

You ask me for
privilege you had? Those truths are self-evident.

LVO: As self evident, at least, as the fact that you never experienced a
Nazi death camp, nor one in Rwanda, Potchefstroom, or Kimberley. You did,
most likely indeed, not even have a grand parent who could tell you their
experience of such death camps.

You chose, then, to stay
ensconced in your demesne and would not reach out to learn, taste, smell,
and
live ours -

LVO: Your presumption is staggering in its ignorance.

and the tragedy is that you continue to do so, even as the estate
changed hands.

LVO: You are wrong. Such desire as I have is rapidly being replaced by a
resolve to establish _for the first time_ an Afrikaner demesne.

We could not choose and HAD to live in your world.

LVO: You (singular) have, and will never be able to live in my world. It
demands a modicum of honesty.

I HAD to
deal with the likes of you (and still do), that civilized ghoul unaware of
his
pact with the devil - a modern day Dorian Gray who covers the mirror for the
heart of darkness within him.

LVO: It was I who invited you to join me at a mirror. You will not. You
persist in hiding in your "ideological identity", you continue to defend a
scrap of malicious slander as "scientific evidence". Yet you quote Wilde at
me?

Yet, you don;t only deny our experience, but also employ a strategy by which
you equate racism with individual prejudice - a strategy that allows you to
assume that every group is racist and thus to avoid an acknowledgment of the
differences in power and privilege between you and people of color.

And, while I am pretty convinced that this is a feckless exercise - you
won't
"get it"

LVO: In this conviction, I think I may be joining you.

I trudge on.

LVO: I, on the other hand, do not indulge in feckless exercises beyond the
point where they reveal themselves to be feckless.

- Essentially also because this is not only my argument
or feelings, but those of many other people of colour who, when presented
with
you and your arguments, will all be able to see you for the racist that you
are.

LVO: I shall leave the judgement of that to those "people of color" who have
been presented with "me".

You are a bane to nation-building in South Africa and non-racialism's
bete-noire.

LVO: In this you may be right - if by "nation building" you mean
establishing a common reference of lies of the kind you spread. A nation
built on deliberate and malicious lies about its past has no future. And
non-racialism feeding on racist prejudice of the kind you exhibit is a self
deception of the kind you seem to indulge in.

I will not allow you to deny me and others like me, our experience.

LVO: Your experience is yours to treasure as you wish. I, on the other hand,
will not allow you to define my experience by deliberate and vicious lies as
you have done here.

I will not
allow your turgid prose and tumid ego to intimidate and silence me.

LVO: Likewise, indeed. I shall expose each of the lies that you fire from
behind the faceless fa�ade of your "ideological identity". And I shall
gladly spurn the "reconciliation" that you will "consider" only at the price
of truth.

Kind regards, Leendert
Re: 'n Disseksie van Bedrog [boodskap #14271 is 'n antwoord op boodskap #14204] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes:
>
>
>
>> You define the quality and direction of my being-in-the-world through
> your
>> charge that I and we exploit a spurious victimhood (which is reminiscent of the
>> male response to the rape victim as "having asked for it" in dress and
>> demeanour). You express the direction and terms of reconciliation in
>> unconditional forgiveness.
>
>
> Presies. Leendert sal vir jou vertel
> waaraan jy skuldig is,

"Sizwe" is skuldig daaraan dat hy kwaadwillige laster op hierdie nuusgroep
versprei het en nie eens die moed het om dit onder sy eie naam te doen nie.

> Leendert sal
> vir jou vertel hoe jy hom moet vergewe
> as hy dan nou aan iets skuldig is.

Hoegenaamd nie. Ek het nie die minste begeerte om deur 'n "ideologiese
identiteit" soos "sizwe" vergewe te word nie.

> (Maar hy bieg nooit dat hy ook skuldig
> is nie. Sy handjies is altyd skoon.)

Nee wat. Tot tyd en wyl jy leer wat in die grondwet van jou eie Canada staan
sal dit seker nie help om jou daarop te wys dat ek niks het om oor te bieg
as ek van niks aangekla staan nie. (Selfs die sogenaamde
"waarheids" -kommisie aanvaar daardie beginsel.)

Maar dit sal jou nie verhoed om aanhaoudend vingers wys sonder om ooit 'n
geldige klag te lê, sal dit?

> Maar, ingeval hy nou wel skuldig is,
> moet jy hom nou sonder voorwaardes
> vergewe.

Geensins. Die prys is te hoog, onthou.

> Intussen neem hy dit op
> homself om verskonings te gee vir die
> dade van mense soos Verwoerd en PW
> Botha, en al die detritus van die
> tweede deel van die twintigste eeu
> in SA,

Geensins nie. Daardie spannetjie het veel meer geleentheid gehad om hul dade
te verduidelik as ek.

Ek sê maar net vir jou as jy lieg. Jammer as jy nie daarvan hou nie.

> So, tot tyd en wyl jy wys
> dat jy 'n mens van vlees en bloed
> is, 'n mens wat eerlik bieg dat hy
> en die mense wat hy nagevolg het
> ook foute gemaak het, bly jy net
> 'n strooipop en nooi jy mense uit
> om jou in die vuur te gooi en te
> sien of daar enigiets anders as
> strooi in jou is.

Hmm...... "Strooipop"? "Heks"?
Almal maar bestem vir die vuur, ne?
En tires werk tog so goed.

Veel makliker as om 'n spesifieke klagte in te bring, nie waar nie?
En veral makliker as om getuienis te bring van die geldigheid van so 'n
klag.

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'n Disseksie van Bedrog [boodskap #14272 is 'n antwoord op boodskap #14204] So, 03 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> "Sizwe" is skuldig daaraan dat hy kwaadwillige laster op hierdie nuusgroep
> versprei het en nie eens die moed het om dit onder sy eie naam te doen

En ek beskuldig jou daarvan dat jy
kwaadwillige laster teenoor die
wettige regering van SA aanhoudend
op hierdie nuusgroep uitgesaai het,
terwyl jy aanhoudend mense soos
Verwoerd en PW probeer skoonpraat
het.

> Nee wat. Tot tyd en wyl jy leer wat in die grondwet van jou eie Canada staan
> sal dit seker nie help om jou daarop te wys dat ek niks het om oor te bieg
> as ek van niks aangekla staan nie.

O so, dis die grondslag van jou beter
as almal, skoon handjies-gewete: dat
jy van niks aangekla word nie. Ek kla
jou aan vir die retoriese aanvalle wat
jy maak op enigiemand waarmee jy nie
saamstem nie. Onthou hoe jy vir Koos
altyd as ANC-lakei uitgekryt het. Geen
toegawe dat hy 'n Afrikaner is wat net
soveel of meer van die ware toestande
in Suid-Afrika weet nie. Nee, jy het
hom aanhoudend uitgekryt, net omdat
hy gewaag het om dinge te sê wat nie
met jou agenda strook nie. Leendert,
jy draai 'n rad alleen om jou eie
o"e. Almal sien jou vir wat jy is:
'n man wat desperaat is om sy hande
skoon te was met argumente. Jou hande
sal alleen skoongewas word wanneer jy
verklaar: ek is 'n sondaar, vergewe my.

>
> Ek sê maar net vir jou as jy lieg. Jammer as jy nie daarvan hou nie.

OK. Leendert. Van een tot tien. Maak
'n lys van die dinge waar ek lieg.
Kort sinne, sodat jy nie agter woorde
kan wegkruip nie. Ek wag. Van nommer
een tot nommer tien. Die leuens wat
ek verkondig. Ek wag.

>
>> So, tot tyd en wyl jy wys
>> dat jy 'n mens van vlees en bloed
>> is, 'n mens wat eerlik bieg dat hy
>> en die mense wat hy nagevolg het
>> ook foute gemaak het, bly jy net
>> 'n strooipop en nooi jy mense uit
>> om jou in die vuur te gooi en te
>> sien of daar enigiets anders as
>> strooi in jou is.
>
> Hmm...... "Strooipop"? "Heks"?
> Almal maar bestem vir die vuur, ne?
> En tires werk tog so goed.

Ja, hier is die "vintage" Leendert.
Hy steek die ou krom vinger in
die ander rigting en kekkel "jy,
jy is die heks, die verbrander van
mense." Jy bereik niks deur hierdie
soort snert nie, Leendert, behalwe
dat jy sielkundig vir jouself bloot-
l^e. Onthou, vir elkeen wat genecklace
is, was daar honderde wat in aanvalle
op huise doodgeskiet is. Onthou jy
die geval waar hulle vyf kinders in
'n hut doodgeskiet het in die Transkei.
En onthou jy vir Ruth First? As ons
nou moet begin bodies count, ou
Leendert, dink jy jy sal wen in die
body count? Ek wag vir 'n antwoord,
Leendert.

Gloudina
Vorige onderwerp: Skei Leendert en Gloudina
Volgende onderwerp: Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 13:08:15 MGT 2024