Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kapasiteit
kapasiteit [boodskap #141940] So, 28 Mei 2023 19:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kapasiteit
Afbreking: ka•pa•si•teit


Selfstandige naamwoord: kapasiteit
Meervoud: kapasiteite

Betekenis:
• Die maksimum hoeveelheid wat in iets kan pas; die houvermoë van 'n ruimte.
• Die krag en vermoë om iets te kan doen.

Gebruik:
• Die beker is tot kapasiteit gevul.
• Hy het nie die kapasiteit om so 'n plan te bedink nie.

Sinoniem:
• inhoudsvermoë
• laaivermoë
• bekwaamheid
• geskiktheid

Afgelei:
• batterykapasiteit
• breinkapasiteit
• inkapasiteit
• laaikapasiteit
• longkapasiteit
• oorkapasiteit
• opwekkingskapasiteit
• produksiekapasiteit
• rekenaarkapasiteit
• skedelkapasiteit
• vervoerkapasiteit

Vertaling:
Engels: capacity
Nederlands: capaciteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: landmassa
Volgende onderwerp: waterdraer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:28:44 MGT 2024