Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rooipeper
rooipeper [boodskap #141929] Vr, 26 Mei 2023 20:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Rooipeper in 'n bakkie.
Rooipeper in 'n bakkie.
rooipeper
Afbreking: rooi•pe•per
Samestelling: rooi + peper


Selfstandige naamwoord: rooipeper
Meervoud: rooipepers
Verkleinwoord: rooipepertjie
Meervoud van verkleining: rooipepertjies

Betekenis:
• 'n Spesery van gedroogde brandrissies.
• Die brandrissie, Capsicum annuum.

Gebruik:
Rooipeper versnel die metabolisme, kan kanker voorkom, versterk die aarwande en dien ook as 'n bloedverdunner.
Rooipepers is helder rooi as dit ryp is, maar kan ook groen geëet word.

Sinoniem:
• paprika
• rissiepeper

Vertaling:
Engels: cayenne pepper
Nederlands: cayennepeper

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vanlyn
Volgende onderwerp: vriespunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:32:57 MGT 2024