Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitgeslape
uitgeslape [boodskap #141861] Wo, 17 Mei 2023 07:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgeslape
Afbreking: uit•ge•sla•pe


Byvoeglike naamwoord: uitgeslape
Attributief: uitgeslape

Betekenis:
• Wat slim en wakker is.
• Wat skelm en agterbaks is.

Gebruik:
• Jesus was te uitgeslape vir hulle. Hy het deur hulle slinkse plan gesien. [Matteus 22:18]
• Die uitgeslape skurk het die polisie keer op keer ontduik.

Sinoniem:
• intelligent
• skerp
• skrander
• slim
• wys
• agterbaks
• geslepe
• listig
• oorlams
• slinks
• slu

Afgelei:
• uitgeslapenheid

Vertaling:
Engels: shrewd, canny, wide awake; cunning, wily
Nederlands: uitgeslapen

Nota:
• Sterk verlede deelwoord van uitslaap.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: somervakansie
Volgende onderwerp: privaatspeurder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:26:52 MGT 2024