Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » almanak
almanak [boodskap #141781] So, 07 Mei 2023 10:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Almanak.
'n Almanak.
almanak
Afbreking: al•ma•nak


Selfstandige naamwoord: almanak
Meervoud: almanakke
Verkleinwoord: almanakkie
Meervoud van verkleining: almanakkies

Betekenis:
• 'n Tabel met die dae en/of maande van die jaar waarop belangrike inligting aangeteken is.

Gebruik:
• Kyk op die almanak wanneer jou ouma verjaar.

Spreekwoord:
• Hy loop weg uit die almanak. [Hy verdwyn spoorloos.]

Sinoniem:
• kalender

Hiponiem:
• kerkalmanak
• seemansalmanak
• studentealmanak
• tafelalmanak
• tuiniersalmanak

Vertaling:
Engels: almanac
Nederlands: almanak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keurbos
Volgende onderwerp: uitstraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:29:26 MGT 2024