Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » musikaal
musikaal [boodskap #141755] Vr, 05 Mei 2023 15:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
musikaal
Afbreking: mu•si•kaal
Samestelling: musiek + -aal


Byvoeglike naamwoord: musikaal
Vergrotende trap: musikaler
Oortreffende trap: musikaalste
Attributief: musikale
Partitief: musikaals

Betekenis:
• Wat 'n besondere aanleg vir musiek het.
• Wat met musiek te make het.

Gebruik:
• Die kind is nogal musikaal.
• Die mense was verstom toe hulle hoor sy het geen musikale opleiding gehad nie.

Sinoniem:
• filharmonies
• skoonklinkend
• tonaal
• welluidend

Antoniem:
• onmusikaal

Vertaling:
Engels: musical
Nederlands: muzikaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: musiekblyspel
Volgende onderwerp: voorvoegsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 07:30:50 MGT 2024