Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oos, Wes, Tuis bes?
Oos, Wes, Tuis bes? [boodskap #14170] Wo, 29 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ons moes nou al telkemale hier verneem van ons geïmmigreerde broers hoeveel
beter dit is waar hulle huk tans bevind, veral sover dit misdaad, of dan die
gebrek daaraan aangaan. Ter wille van perspektief plaas ek die volgende,
soos Beeld vandag berig:

"'n Suid-Afrikaanse gesin wat 8 maande gelede na Nieu-Seeland verhuis het
omdat hulle moeg was vir die misdaadprobleem tuis, is in Auckland rot en
kaal besteel. Die betrokke gesin se huis is geplunder toe hulle weg was vir
die Paasnaweek.

"Inbrekers het TV's, meubels, beddegoed, 'n skooltas en selfs kos uit die
yskas gesteel. Die SA gesin het glo so veilig in NZ gevoel dat hulle nie
verseker was nie, en is nou aangewese op aalmoese. Hul enigste oorblywende
aardse besittings is die klere wat hulle by hulle gehad het en die leë
huis."

Dêmit, en ek het gedog SA is uniek!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oos, Wes, Tuis bes? [boodskap #14194 is 'n antwoord op boodskap #14170] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> Henri Burger heeft geschreven in bericht ...
>
>> "Inbrekers het TV's, meubels, beddegoed, 'n skooltas en selfs kos uit die
>> yskas gesteel. Die SA gesin het glo so veilig in NZ gevoel dat hulle nie
>> verseker was nie, en is nou aangewese op aalmoese. Hul enigste oorblywende
>> aardse besittings is die klere wat hulle by hulle gehad het en die le�
>> huis."
>>
>>
>> Dêmit, en ek het gedog SA is uniek!
>
> Hmmm..... Ja. Die omroeper op Punt vanoggend het opgemerk hulle is seker bly
> hulle is nie ook aangerand of iets ergers nie.
>
> So SA is darem nog uniek - ek weet na waar anders dit 'n terloopse opmerking
> van 'n omroeper op 'n "progressiewe" -rige radiostasie sou wees nie.
>
Hmmm.... ja - SUid Afrika is uniek. Dit is seker die enigste land in die
wêreld waar mense inbreek, die inwoners vermoor en dan vergeet om die huis
te besteel. Miskien kan die US se bestuurkool 'n kursus aanbied wat
inbrekers beter kan leer beplan sodat hulle in lyn kom met hul
internasionale kompetisie en weer hul prioriteite regkry. Dit genereer
miskien geweldig satisfaksie om "one settler one bullet" te speel - maar dit
kannie vreeslik winsgewend wees nie.

-Gideon-
Re: Oos, Wes, Tuis bes? [boodskap #14195 is 'n antwoord op boodskap #14170] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  is tans af-lyn  crunch
Boodskappe: 6
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Haai Henri,

Jy weet hoe om ons 'sluipers' uit hul gange te kry.........

Elke ou het maar sy 'tolerance level' en moet maar sy besluite maak, en as
hy dit gedoen het moet hy stilbly.

Geen twyfel, ons mis ook die bosveld, maar daar is baie plekke in die
wêreld wat ek ook na verlang waar ek goeie tye kon deurbring! (J'burg is
nie een van hulle nie).

Anton

Henri Burger wrote in message ...

> --
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
Re: Oos, Wes, Tuis bes? [boodskap #14197 is 'n antwoord op boodskap #14170] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger wrote in message ...

> "'n Suid-Afrikaanse gesin wat 8 maande gelede na Nieu-Seeland verhuis het
> omdat hulle moeg was vir die misdaadprobleem tuis, is in Auckland rot en
> kaal besteel. Die betrokke gesin se huis is geplunder toe hulle weg was vir
> die Paasnaweek.

>
> Dêmit, en ek het gedog SA is uniek!

Ja - dis alles waar, MAAR hierdie mense het almal geleef om die storie te
vertel, en is nie later met koeelgate of pangakappe gevind nie.

My 2c

Danie
Re: Oos, Wes, Tuis bes? [boodskap #14198 is 'n antwoord op boodskap #14170] Do, 30 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
crunch wrote in message ...
> Haai Henri,
>
> Jy weet hoe om ons 'sluipers' uit hul gange te kry.........
>
> Elke ou het maar sy 'tolerance level' en moet maar sy besluite maak, en as
> hy dit gedoen het moet hy stilbly.
>
> Geen twyfel, ons mis ook die bosveld, maar daar is baie plekke in die
> wêreld wat ek ook na verlang waar ek goeie tye kon deurbring! (J'burg is
> nie een van hulle nie).
>
> Anton
>
Aag ou Anton. Ek is nog hier in SA, maar ek dink dat die mense wat vertrek
het hoef nie te rasionaliseer nie. Ek dink al meer dat die wat bly meer
besig is om te probeer rasionaliseer.

Ek dink dat dié wat met hulle "Ons vir jou Suid-Afrika" stront uitkom het
nog nie wakker geskrik en om hul rond begin kyk nie. As jy in besigheid is,
en jy bedryf 'n besigheid wat nie winsgewend is nie, wat doen jy? Hou jy aan
met die besigheid totdat jy 'n paar miljoen oortrokke is en die Bank jou nie
meer help nie? Nee! Wat enige besigheidsman doen wat sy sout werd is, is om
ernstig na die besigheid te kyk, miskien so 'n bietjie hier skaaf en so 'n
bietjie daar bemark. Dan kyk hy maar weer so. As hy ekstra kapitaal het wat
rondlê dan sal hy dalk 'n besigheidskonsultant inkry wat so 'n bietjie na
dinge kan begin kyk. Op die oue end, as dinge nie uitwerk nie, kyk hy na
ander besigheidsgeleenthede. Dan sit hy maar die BK op ys en gaan werk vir
iemand anders of soek 'n ander meer winsgewende besigheid. Dalk voel hy
later dat die tyd nou reg is om weer die eerste ding aan te pak omdat die
mark verander het of miskien het hy meer kapitaal beskikbaar.

Nou, Suid Afrika is op hierdie stadium 'n swak besigheid. Dit is nie
winsgewend genoeg in vergelyking met ander besigheidsgeleenthede in die
omtrek nie. Die probleem is dat die besigheidskonsultante die besigheid nou
bestuur volgens begrippe wat hulle net gehoor het van. Die een klomp het
gehoor dat hul produk moet verkoop teen 'n wins sodat daar groei in die
besigheid kan wees. Dan kan hule meer mense kry wat vir hulle werk en
sodoende meer produk verkoop en sodoende meer mense werk verskaf en die
kwaliteite wat die besigheid winsgewend kan maak verbeter en dan miskien ook
meer beleggers van buite trek. Dan is daar 'n groep konsultante wat glo dat
die mense wat vir die besigheid werk eintlik al die winste moet kry en die
beleggers wat die kapitaal voorsien moet net aanhou om geld daar in te stort
sonder om enige verdere winste op hul beleggings te kry. Net om sake nog
meer te kompliseer is daar 'n groot klomp van die werknemers wat bedags nie
werk nie en van kantoor tot kantoor gaan en toerusting en ander werknemers
se besittings steel en dit dan buite die besigheid verkoop vir wins. As die
ander personeel kla, word hulle sumier uigekryt as of ander soort ...iste
omdat die wat uitgavang word om een of ander rede vir 'n spesifieke
sokkerspan speel.

Dit klink vir my, as 'n belegger, na 'n swak belegging.
So, As jy een van die werknemers is wat te bang is om ander werksgeleenthede
te soek en in hierdie onmenslike onstandighede wil voortploeter, of dalk 'n
belegger is wat jaar na jaar wil verliese neem net omdat jy een of ander
emosionele aangetrokkenheid tot hierdie aborsie het, het ek wel simpatie vir
jou, aangesien dit met enigeen kan gebeur. Moet dan net nie so arrogant wees
om die wat wel die skuif maak uit te kryt as verraaiers en ander soorte
...eite nie.

Kom by

Kry 'n lewe

-Gideon-
Re: Oos, Wes, Tuis bes? [boodskap #14220 is 'n antwoord op boodskap #14170] Vr, 01 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
crunch  is tans af-lyn  crunch
Boodskappe: 6
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
.....en met die vooruitsigte na 27 April 1999 van Ms Winnie as CEO van die
mpy...............

Gideon wrote in message ...
>
> Dit klink vir my, as 'n belegger, na 'n swak belegging.
> So, As jy een van die werknemers is wat te bang is om ander werksgeleenthede
> te soek en in hierdie onmenslike onstandighede wil voortploeter, of dalk 'n
> belegger is wat jaar na jaar wil verliese neem net omdat jy een of ander
> emosionele aangetrokkenheid tot hierdie aborsie het, het ek wel simpatie vir
> jou, aangesien dit met enigeen kan gebeur. Moet dan net nie so arrogant wees
> om die wat wel die skuif maak uit te kryt as verraaiers en ander soorte
> ...eite nie.
>
> Kom by
>
> Kry 'n lewe
>
> -Gideon-
>
Re: Oos, Wes, Tuis bes? [boodskap #14221 is 'n antwoord op boodskap #14170] Vr, 01 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
crunch  is tans af-lyn  crunch
Boodskappe: 6
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Nee, dis sommer net 'n voorgevoel wat ek het. Sy was nog nooit uit die
prentjie nie, het 'n baie goeie 'verhouding' met ummm...beki en sy geniet
nog steeds groot ondersteuning vanaf die 'great unwashed'. Wie nog ooit
teen haar ge'bet' het in die verlede sou sy rieme lekker styfgeloop het. As
iemand sê dat hierdie moontlikheid nonsens is, sal ek die eerste een wees
wat juig!

Nico wrote in message ...
> crunch wrote in article
> ...
> | .....en met die vooruitsigte na 27 April 1999 van Ms Winnie as CEO van
> die
> | mpy...............
>
> Is jy nou ernstig ???? Ek het dié nuus nêrens opgetel nie. Of praat jy
> maar sommer?
> Sal die res van die ANC dit aanvaar??? Ek dog sy is nou uit die prentjie
> uit?!? - Sy was tot so sewe maande gelede....
>
> Nico P
Vorige onderwerp: "spam"
Volgende onderwerp: Dis nou tyd dat ek leer....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 19:07:20 MGT 2024