Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ewewydig
ewewydig [boodskap #141657] Do, 27 April 2023 07:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ewewydig
Afbreking: e•we•wy•dig
Samestelling: ewe + wyd + -ig


Byvoeglike naamwoord: ewewydig
Attributief: ewewydige

Betekenis:
• Wat orals ewe wyd of ewe ver van mekaar af is.
• (figuurlik) Wat dieselfde rigting volg.

Gebruik:
• Die gebergte loop ewewydig met die kuslyn.
• Haar kinderjare verloop aanvanklik ewewydig met die van haar maats.

Sinoniem:
• parallel
• saamlopend

Antoniem:
• nie-ewewydig
• onewewydig
• uiteenlopend

Afgelei:
• ewewydigheid

Vertaling:
Engels: equidistant, parallel
Nederlands: evenwijdig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ekwivalent
Volgende onderwerp: kasino
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 00:43:00 MGT 2024