Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vaderland
vaderland [boodskap #141635] Di, 25 April 2023 09:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vaderland
Afbreking: va•der•land
Samestelling: vader + land


Selfstandige naamwoord: vaderland
Meervoud: vaderlande
Verkleinwoord: vaderlandjie
Meervoud van verkleining: vaderlandjies

Betekenis:
• Die land van jou voorvaders; waar jy gebore is.
• (figuurlik) Die hemel.

Gebruik:
• Die emigrant verlang terug na sy vaderland.
• Eendag sal ons na almal na ons Vaderland vertrek.

Spreekwoord:
• Vir volk en vaderland. [Vir jou land opoffer.]

Sinoniem:
• geboortegrond
• geboorteland
• herkomsland
• moederland

Afgelei:
• vaderlander
• vaderlandloos
• vaderlandsgesind
• vaderlandsliefde
• vaderlandsliewend
• vaderlandspopulier
• vaderlandsriet
• vaderlandsrooihout
• vaderlandswilg

Vertaling:
Engels: fatherland, homeland, native country; heaven
Nederlands: vaderland

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sepia
Volgende onderwerp: boogskutter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 04:33:08 MGT 2024