Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorsiening
voorsiening [boodskap #141563] Ma, 17 April 2023 15:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorsiening
Afbreking: voor•sie•ning
Samestelling: voorsien + -ing


Selfstandige naamwoord: voorsiening
Meervoud: voorsieninge, voorsienings

Betekenis:
• Voorsorg wat getref word.
• Die lewering van 'n produk of diens.

Gebruik:
• Jy moet vroegtydig begin om voorsiening vir jou oudag te maak.
• Die munisipaliteit is verantwoordelik vir die voorsiening van elektrisiteit en skoon water.

Sinoniem:
• lewering
• verskaffing
• voorsorg

Hiponiem:
• elektrisiteitsvoorsiening
• grondstofvoorsiening
• kapitaalvoorsiening
• kosvoorsiening
• kragvoorsiening
• lektuurvoorsiening
• lewensmiddelevoorsiening
• oorvoorsiening
• personeelvoorsiening
• selfvoorsiening
• stroomvoorsiening
• vatevoorsiening
• vervoervoorsiening
• voedselvoorsiening
• watervoorsiening

Afgelei:
• voorsieningsbedryf
• voorsieningsfonds

Vertaling:
Engels: provision; supply
Nederlands: voorziening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: es
Volgende onderwerp: filmresensie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 04:33:11 MGT 2024