Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deeltjie
deeltjie [boodskap #141550] So, 16 April 2023 15:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19459
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deeltjie
Afbreking: deel•tjie
Samestelling: deel + -tjie


Selfstandige naamwoord: deeltjie
Meervoud: deeltjies

Betekenis:
• 'n Klein deel (stukkie of fragment) van 'n groter geheel.
• (fisika) Een van die onderdele van 'n atoom waaruit materie opgebou is.

Gebruik:
• As ek net 'n deeltjie van sy geld gehad het, was ek nou skatryk.
• As 'n materiaal verhit word, beweeg die deeltjies vinniger en verder uitmekaar uit.

Sinoniem:
• partikel

Afgelei:
• alfadeeltjie
• antideeltjie
• brokdeeltjie
• gasdeeltjie
• gronddeeltjie
• houtdeeltjie
• kleideeltjie
• soutdeeltjie
• stofdeeltjie
• ysdeeltjie

Vertaling:
Engels: small part; particle
Nederlands: deeltje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitsinnig
Volgende onderwerp: beskermfees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 29 06:25:06 MGT 2024