Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mnemoniek
mnemoniek [boodskap #141476] Ma, 03 April 2023 17:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mnemoniek
Afbreking: mne•mo•niek


Selfstandige naamwoord: mnemoniek
Meervoud: mnemonieke

Betekenis:
• 'n Metode of middel om iets maklik te onthou.
• Die studie van tegnieke om dinge makliker te onthou (geen meervoud).

Gebruik:
• "Meneer van As my jas sal u nie pas", is 'n mnemoniek om die planete se volgorde te onthou, nl. Mercurius, Venus Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto.
Mnemoniek behels die studie van tegnieke soos assosiasies en rympies om groot hoeveelhede inligting te memoriseer.

Sinoniem:
• donkiebrug
• eselbrug
• geheuehulp
• mnemotegniek
• geheuekuns
• geheueleer

Verwant:
• mnemonies

Vertaling:
Engels: mnemonic; mnemonics
Nederlands: mnemotechniek; mnemoniek, geheugenkunst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sluheid
Volgende onderwerp: bofbalveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 04:32:23 MGT 2024