Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kuip
kuip [boodskap #141434] Wo, 29 Maart 2023 16:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kuip
Afbreking: kuip


Selfstandige naamwoord: kuip
Meervoud: kuipe
Verkleinwoord: kuipie
Meervoud van verkleining: kuipies

Betekenis:
• 'n Groot, wye houer vir die bewaring van vloeistowwe of die bewerking van iets.
• Plek waar motors tydens wedrenne stop vir brandstof of om bande te ruil (meestal in die meervoud).

Gebruik:
• Die velle word met 'n looistof in 'n kuip behandel.
• Die renmotors moet elke vierde of vyfde ronde in die kuipe stop.

Hiponiem:
• broukuip
• giskuip
• loogkuip
• looikuip
• parskuip
• soutkuip
• verfkuip

Afgelei:
• kuipbad
• kuipbalie
• kuipebeampte
• kuiper
• kuipery
• kuiphout

Vertaling:
Engels: tub, basin, barrel; pit stop
Nederlands: kuip; pitstop


Werkwoord: kuip
Verlede tyd: het gekuip

Betekenis:
• Om in vate te plaas of te laat gis.

Gebruik:
• Die druiwe word geoes, gekuip en gepars.

Vertaling:
Engels: to put in barrels
Nederlands: kuipen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: langverwag
Volgende onderwerp: kuipestop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 04:38:49 MGT 2024