Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sensories
sensories [boodskap #141364] Wo, 22 Maart 2023 13:50
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20215
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sensories
Afbreking: sen•so•ries
Samestelling: sensor + -ies


Byvoeglike naamwoord: sensories
Attributief: sensoriese

Betekenis:
• Wat die sintuie betref of sintuiglik waargeneem kan word.
• Met betrekking tot die ontvangs en geleiding van prikkels.

Gebruik:
• Voedsel moet 'n mens nie net sensories bevredig nie, maar moet ook voedsaam wees.
• 'n Hoë vlak van koolsuurgas in die bloed veroorsaak 'n sensoriese prikkel wat 'n motoriese impuls na die spiere van die diafragma stuur.

Sinoniem:
• gewaarwordend
• sintuiglik
• waarneembaar

Hiponiem:
• olfaktories (reuk)
• ouditief
• tasbaar
• visueel

Verwant:
• motories

Vertaling:
Engels: sensorial, sensory, sensuous
Nederlands: sensorisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onwerklik
Volgende onderwerp: afasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 17:44:17 MGT 2024