Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aapman
aapman [boodskap #141362] Di, 21 Maart 2023 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20214
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aapman
Afbreking: aap•man
Samestelling: aap + man


Selfstandige naamwoord: aapman
Meervoud: aapmanne

Betekenis:
• 'n Primitiewe mens.
• 'n Wilde, onopgevoede man.

Gebruik:
• In 1935 het Robert Broom die eerste fossiel van 'n aapman by Sterkfontein gevind.
• Tarzan is 'n halfkaal aapman wat aan takke in die oerwoud rondswaai, met gorillas praat en met luiperds baklei.

Sinoniem:
• aapmens
• humied
• oermens

Vertaling:
Engels: ape man
Nederlands: apeman

Nota:
• Pasop, 'n "aapmannetjie" (verkleinwoord) is 'n manlike aap.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bespoedig
Volgende onderwerp: onwerklik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 17:38:28 MGT 2024