Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » breker
breker [boodskap #141342] So, 19 Maart 2023 18:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20214
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
breker
Afbreking: bre•ker
Samestelling: breek + -er


Selfstandige naamwoord: breker
Meervoud: brekers
Verkleinwoord: brekertjie
Meervoud van verkleining: brekertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat iets anders stukkend breek.
• 'n Rowwe kêrel; bardekoejawel; machoman.
• 'n Groot golf wat breek; fratsgolf.

Gebruik:
• Die bone se doppe word in 'n breker gekraak.
• My broer is 'n regte breker wat nie "nee" vir 'n antwoord vat nie.
• Die brekers rol oor die strand.

Sinoniem:
• vergruiser

Hiponiem:
• afbreker
• baanbreker
• beenbreker
• bladbreker
• bosbreker
• dagbreker
• eedbreker
• egbreker
• ertsbreker
• golfbreker
• graanbreker
• hartebreker
• inbreker
• jukskeibreker
• kakebeenbreker
• klipbreker
• kluitebreker
• mieliebreker
• nekbreker
• onderbreker
• puinbreker
• rotsbreker
• seebreker
• skokbreker
• stakingbreker
• stakingsbreker
• steenbreker
• stroombreker
• tongbreker
• tronkbreker
• uitbreker
• verbreker
• ysbreker

Afgelei:
• brekery

Vertaling:
Engels: breaker, crusher
Nederlands: breker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skokbreker
Volgende onderwerp: binneland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 17:39:21 MGT 2024