Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blasie
blasie [boodskap #141218] Do, 02 Maart 2023 17:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
blasie
Afbreking: bla•sie


Selfstandige naamwoord: blaas
Meervoud: blase
Verkleinwoord: blasie
Meervoud van verkleining: blasies

Betekenis:
• Borreltjie op die vel wat 'n waterige of bloederige vloeistof bevat.
• Ongewerwelde dier met giftige tentakels wat in die see voorkom.
• 'n Klein sakkie wat lug of vog bevat.

Gebruik:
• Waterpokkies word gekenmerk deur klein, jeukerige blasies op die vel.
• 'n Blasie se tentakels kan pynlike brandwonde veroorsaak.

Hiponiem:
• bloublasie
• gasblasie
• gifblasie
• kiemblasie
• klierblasie
• longblasie
• lugblasie
• saadblasie
• skuimblasie
• waterblasie

Afgelei:
• blasiesuitslag

Vertaling:
Engels: blister
Nederlands: blaasje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: roerend
Volgende onderwerp: onmanierlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:21:51 MGT 2024