Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gevreet
gevreet [boodskap #141183] Vr, 24 Februarie 2023 16:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20215
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gevreet
Afbreking: ge•vreet
Samestelling: ge- + vreet


Selfstandige naamwoord: gevreet
Meervoud: gevrete
Verkleinwoord: gevreetjie
Meervoud van verkleining: gevreetjies

Betekenis:
• Iemand se gesig.

Gebruik:
• Vee daai glimlag van jou gevreet af!

Sinoniem:
• aangesig
• bakkies
• gesig

Vertaling:
Engels: face, mug
Nederlands: gevreet


Werkwoord: vreet
Verlede tyd: het gevreet

Betekenis:
• Verlede tyd van vreet (wat lelik of wild geëet het).

Gebruik:
• Die honde het hulle bakke leeg gevreet.

Spreekwoord:
• Dis 'n slegte aasvoël wat bly sit as hy gevreet het. [Gesê as verskoning deur 'n gas wat onmiddellik na ete wil vertrek.]
• Laat jou met die akkers in, word jy van varke gevreet. [Dit sal jou kwaad doen as jy jou met ongewenste persone ophou.]

Afgelei:
• afgevreet
• deurgevreet
• dikgevreet
• doodgevreet
• ingevreet
• opgevreet
• uitgevreet

Vertaling:
Engels: ate
Nederlands: gevreten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hardeband
Volgende onderwerp: bedkas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 17:46:19 MGT 2024