Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konsiderasie
konsiderasie [boodskap #141177] Do, 23 Februarie 2023 14:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20214
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsiderasie
Afbreking: kon•si•de•ra•sie


Selfstandige naamwoord: konsiderasie
Meervoud: konsiderasies

Betekenis:
• Iets wat oorweeg en in aanmerking geneem moet word.
• Die erkenning/agting/toegeeflikheid teenoor iemand.

Gebruik:
• Die voorstel is vir konsiderasie voorgelê.
• Uit konsiderasie vir die bure sal die musiek om 22h00 afgesit word.

Sinoniem:
• aanmerking
• beskouing
• nadenke
• oordenking
• oorlegging
• oorweging

Afgelei:
• konsidereer

Vertaling:
Engels: consideration
Nederlands: consideratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teenspraak
Volgende onderwerp: epikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 17:37:08 MGT 2024