Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nagedagtenis
nagedagtenis [boodskap #141062] Do, 09 Februarie 2023 19:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nagedagtenis
Afbreking: na•ge•dag•te•nis
Samestelling: na + gedagtenis


Selfstandige naamwoord: nagedagtenis
Meervoud: nagedagtenisse
Verkleinwoord: nagedagtenissie
Meervoud van verkleining: nagedagtenissies

Betekenis:
• Die herinnering aan 'n belangrike gebeurtenis, of aan iemand ná sy dood.

Gebruik:
• Die nagedagtenis van dié wat reg doen, leef voort; die naam van dié wat verkeerd doen, word gou vergeet. [Spreuke 10:7]

Sinoniem:
• gedagtenis
• herdenking
• herinnering
• terugblik

Vertaling:
Engels: memory, remembrance, commemoration
Nederlands: nagedachtenis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ondergronds
Volgende onderwerp: gort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:40:03 MGT 2024