Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gravure
gravure [boodskap #141059] Do, 09 Februarie 2023 13:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gravure
Afbreking: gra•vu•re


Selfstandige naamwoord: gravure
Meervoud: gravures

Betekenis:
• 'n Tekening wat in 'n harde oppervlak (meestal metaal) in gegraveer is deur groewe daarin uit te sny, of 'n afdruk wat van so 'n gegrafeerde plaat gemaak is.

Gebruik:
• Die museum huisves uitstallings van rotstekeninge en gravures van die Sanmense.

Sinoniem:
• graveerwerk
• gravering

Hiponiem:
• fotogravure
• heliogravure
• houtgravure
• kopergravure
• lyngravure
• rotogravure
• sinkgravure
• staalgravure

Verwant:
• ets

Vertaling:
Engels: engraving, print, plate
Nederlands: gravure

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: artefak
Volgende onderwerp: ets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:41:08 MGT 2024