Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanhef
aanhef [boodskap #141003] Vr, 03 Februarie 2023 15:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanhef
Afbreking: aan•hef
Samestelling: aan + hef


Werkwoord: hef aan, aanhef
Verlede tyd: het aangehef

Betekenis:
• Om met iets te begin.

Gebruik:
• Die manne van Juda het die oorlogskreet aangehef. [2 Kronieke 13:15]

Spreekwoord:
Hef aan lê nog voor. [Die groot moeilikheid kom nog.]

Sinoniem:
• begin
• insit

Antoniem:
• afsluit
• beëindig

Afgelei:
• aanheffing

Vertaling:
Engels: to begin, commence, strike up
Nederlands: aanheffen


Selfstandige naamwoord: aanhef
Meervoud: aanhewwe, aanhefte

Betekenis:
• Die inleidende gedeelte.

Gebruik:
• Die aanhef tot die Grondwet lui onder meer dat die land aan almal wat daarin woon behoort.

Sinoniem:
• aanloop
• bekendstelling
• inleiding
• opskrif
• proloog
• titel
• voorrede
• voorwoord

Antoniem:
• einde
• epiloog
• slot

Vertaling:
Engels: opening remarks, introduction, beginning, preamble
Nederlands: aanhef

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: selfbegrip
Volgende onderwerp: atleties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:14:13 MGT 2024