Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vroedvrou
vroedvrou [boodskap #140989] So, 29 Januarie 2023 21:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vroedvrou
Afbreking: vroed•vrou


Selfstandige naamwoord: vroedvrou
Meervoud: vroedvroue
Verkleinwoord: vroedvroutjie
Meervoud van verkleining: vroedvroutjies

Betekenis:
• 'n Vrou wat ander vrouens by swangerskap en bevalling bystaan.

Gebruik:
• Met dié dat Ragel so swaar ly by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: "Moenie bekommerd wees nie. Ook hierdie keer het jy 'n seun!" [Genesis 35:17]

Sinoniem:
• ouvrou
• soogvrou
• verloskundige

Vertaling:
Engels: midwife, maternity nurse
Nederlands: vroedvrouw

Nota:
• "Vroed" is verouderde Nederlands vir "oud, wys, verstandig, geleerd, bekwaam, ervare, kundig".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: elusief
Volgende onderwerp: berk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:39:47 MGT 2024