Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verlam
verlam [boodskap #140984] So, 29 Januarie 2023 19:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verlam
Afbreking: ver•lam
Samestelling: ver- + lam


Werkwoord: verlam
Verlede tyd: het verlam

Betekenis:
• Om lam te maak (van beweegbaarheid ontneem).
• (figuurlik) Om kragteloos te maak; verswak.

Gebruik:
• 'n Beroerte het hom aan sy regterkant verlam.
• Die verhoging in kragpryse verlam talle ondernemings.

Afgelei:
• verlammend
• verlamming

Vertaling:
Engels: to paralyse, cripple
Nederlands: verlammen


Byvoeglike naamwoord: verlam
Attributief: verlamde

Betekenis:
• Wat lam/gebrekkig is.

Gebruik:
• Die man is van sy middellyf ondertoe verlam.

Vertaling:
Engels: paralysed, palsied
Nederlands: verlamd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ivoorkleurig
Volgende onderwerp: goedpraat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:19:04 MGT 2024