Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slaperig
slaperig [boodskap #140980] So, 29 Januarie 2023 15:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
slaperig
Afbreking: sla•pe•rig
Samestelling: slaap + -erig


Byvoeglike naamwoord: slaperig
Vergrotende trap: slaperiger
Oortreffende trap: slaperigste
Attributief: slaperige
Partitief: slaperigs

Betekenis:
• Wat vaak is en wil slaap.
• (figuurlik) Nie lewendig nie.

Gebruik:
• Die kind is slaperig.
• Die luiaard is 'n slaperige nagdier.

Sinoniem:
• gapend
• lomerig
• slaapdronk
• sluimerend
• vakerig
• dooierig
• dormant
• traag

Afgelei:
• slaperigheid

Vertaling:
Engels: sleepy, drowsy
Nederlands: slaperig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kontantkroeg
Volgende onderwerp: gedaantewisseling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:43:39 MGT 2024