Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stormloop
stormloop [boodskap #140829] Sa, 14 Januarie 2023 19:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stormloop
Afbreking: storm•loop
Samestelling: storm + loop


Selfstandige naamwoord: stormloop
Meervoud: stormlope
Verkleinwoord: stormlopie
Meervoud van verkleining: stormlopies

Betekenis:
• (militêr) 'n Groot aanval om die vyand te oorweldig.
• (figuurlik) 'n Vinnige, grootskaalse beweging êrens heen.

Gebruik:
• Talle soldate het in die stormloop gesneuwel.
• Die nuus oor die nuwe goudveld het vinnig versprei en 'n groot stormloop ontketen.

Sinoniem:
• aanslag
• aanval
• bestorming
• stormaanval

Afgelei:
• diamantstormloop
• goudstormloop

Vertaling:
Engels: assault, attack, stampede
Nederlands: stormloop


Werkwoord: loop storm, stormloop
Verlede tyd: het stormgeloop

Betekenis:
• Om op iets of iemand af te storm.

Gebruik:
• Die jagter is in 'n hospitaal opgeneem nadat hy deur 'n buffel stormgeloop en ernstig beseer is.

Sinoniem:
• bestorm
• bevlieg

Vertaling:
Engels: to charge, storm, rush up
Nederlands: stormlopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hooghartigheid
Volgende onderwerp: versoet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 00:58:21 MGT 2024