Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » erbarmlik
erbarmlik [boodskap #140825] Sa, 14 Januarie 2023 09:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
erbarmlik
Afbreking: er•barm•lik
Samestelling: erbarm (ww.) + -lik


Byvoeglike naamwoord: erbarmlik
Vergrotende trap: erbarmliker
Oortreffende trap: erbarmlikste
Attributief: erbarmlike
Partitief: erbarmliks

Betekenis:
• Wat medelye wek; 'n mens jammer laat voel.

Gebruik:
• Die kind met sy vuil gesiggie vorm sy handjies erbarmlik in 'n leë bakkie, smekend vir iets om te eet.

Sinoniem:
• armoedig
• armsalig
• beklaenswaardig
• deerniswekkend
• jammerlik

Afgelei:
• erbarmlikheid

Vertaling:
Engels: lamentable, miserable, pitiable, deplorable
Nederlands: erbarmelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kombucha
Volgende onderwerp: ouerloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 01:04:29 MGT 2024