Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Hebreeus
Hebreeus [boodskap #140793] Sa, 07 Januarie 2023 08:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hebreeus
Afbreking: He•breeus
Uitspraak: /ɦiˈbri(ː)jus/


Byvoeglike naamwoord: Hebreeus
Attributief: Hebreeuse

Betekenis:
• Van, betreffende die Hebreërs (Jode) of die Hebreeuse taal.

Gebruik:
• Die Ou Testament is grotendeels in Hebreeus geskryf.

Vertaling:
Nederlands: Hebreeuws
Engels: Hebrew
Xhosa: -obuHebhere; -esiHebhere
Zoeloe: -obuHebheru; -esiHebheru


Selfstandige naamwoord: Hebreeus
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Semitiese taal met ongeveer 5 miljoen sprekers wat deur talle Jode in Israel as moedertaal gepraat word.

Gebruik:
• Ek verstaan nie Hebreeus nie.
Hebreeus en Arabies is die amptelike tale van Israel.

Afkorting:
• Hebr.

Afgelei:
• Hebreeuses

Vertaling:
Engels: Hebrew
Nederlands: Hebreeuws
Xhosa: isiHebhere
Zoeloe: isiHebheru

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: loep
Volgende onderwerp: gierend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 00:52:03 MGT 2024