Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » segment
segment [boodskap #140746] Ma, 26 Desember 2022 10:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
segment
Afbreking: seg•ment


Selfstandige naamwoord: segment
Meervoud: segmente
Verkleinwoord: segmentjie
Meervoud van verkleining: segmentjies

Betekenis:
• 'n Onderdeel van 'n geheel.
• (biologie) Een van die min of meer gelykvormige dele van 'n plant, dier of orgaan.

Gebruik:
• Daar is gereeld ongelukke op die segment van die snelweg.
• Die duisendpote se liggaam het tot 70 segmente (dus 140 pote aan elke kant).

Sinoniem:
• afsnyding
• brok
• deel
• fraksie
• gedeelte
• onderdeel
• onderverdeling
• seksie
• sektor
• stuk

Hiponiem:
• bolsegment
• lynsegment
• middelborssegment
• sirkelsegment

Afgelei:
• segmentaal
• segmentasie
• segmenteer
• segmentvormig

Vertaling:
Engels: segment
Nederlands: segment

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Slowaak
Volgende onderwerp: sotlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 01:04:46 MGT 2024