Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vleuel
vleuel [boodskap #140710] Sa, 24 Desember 2022 10:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vleuel
Afbreking: vleu•el


Selfstandige naamwoord: vleuel
Meervoud: vleuels
Verkleinwoord: vleueltjie
Meervoud van verkleining: vleueltjies

Betekenis:
• Die vlerk of sykant van iets (gebou, leërafdeling, politieke party, ens.)
• Spelerposisie naaste aan die kantlyn in rugby, netbal, ens.

Gebruik:
• 'n Voël se vere is in 'n presiese patroon oor die vleuel gerangskik.
• Die vleuel skop die bal oor die veld.

Sinoniem:
• vlerk
• wiek

Hiponiem:
• konsertvleuel
• linkervleuel
• neusvleuel
• oorvleuel
• regtervleuel
• swaanvleuel

Afgelei:
• gevleuel
• omvleuel
• vleueldeur
• vleuelklavier
• vleuelklep
• vleuelmoer

Vertaling:
Engels: wing
Nederlands: vleugel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Algerië
Volgende onderwerp: Mauritius
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 00:54:27 MGT 2024