Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skepping
skepping [boodskap #140684] Vr, 23 Desember 2022 07:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skepping
Afbreking: skep•ping
Samestelling: skep + -ing


Selfstandige naamwoord: skepping
Meervoud: skeppings
Verkleinwoord: skeppinkie
Meervoud van verkleining: skeppinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van skep (om iets te maak, of iets wat gemaak is).
• Die natuur, heelal (alles wat God geskep het).

Gebruik:
• Die rok is die skepping van 'n bekende modeontwerper. Die skepping van reservate beskerm bedreigde spesies.
• Genesis vertel van die skepping en die begin van die mensdom op aarde.

Sinoniem:
• kreasie
• maaksel
• voortbrenging
• voortbrengsel

antoniem:
• vernietiging

Hiponiem:
• dokumentskepping
• herskepping
• kunsskepping
• nuutskepping
• omskepping
• onderskepping
• patroonskepping
• waardeskepping
• werkskepping

Afgelei:
• skeppingsaksie
• skeppingsaksies
• skeppingsaktiwiteit
• skeppingsaktiwiteite
• skeppingsdaad
• skeppingsdag
• skeppingsdrang
• skeppingsdrif
• skeppingshandeling
• skeppingshandelinge
• skeppingsinsidentjies
• skeppingskrag
• skeppingsleer
• skeppingsmiddelaar
• skeppingsmoontlikhede
• skeppingsoomblik
• skeppingsproses
• skeppingsteologie
• skeppingsverhaal
• skeppingsvermoë
• skeppingswerk

Vertaling:
Engels: creation; universe
Nederlands: creatie, schepping

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toetrek
Volgende onderwerp: massaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 00:40:16 MGT 2024