Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ingeval
ingeval [boodskap #140680] Do, 22 Desember 2022 10:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ingeval
Afbreking: in•ge•val
Samestelling: in + geval


Voegwoord: ingeval

Betekenis:
• In die geval dat iets waar is.

Gebruik:
• Vat ekstra geld skool toe vir ingeval die snoepie oop is.

Sinoniem:
• as
• indien
• wanneer

Vertaling:
Engels: in case, if
Nederlands: ingeval

Nota:
• Word los geskryf in sinne soos: "In geval van dood, bel die ambulans."


Werkwoord: val in, inval
Verlede tyd: het ingeval

Betekenis:
• Verlede deelwoord van inval (na binne tuimel).

Gebruik:
• Die huis se dak het ingeval.

Vertaling:
Engels: fell in, caved in
Nederlands: ingevallen


Byvoeglike naamwoord: ingeval
Attributief: ingevalde (ingevalle)

Betekenis:
• Die toestand of gevolg van inval.

Gebruik:
• Die ingevalde dak moet reggemaak word.

Afgelei:
• ingevallenheid

Vertaling:
Engels: collapsed
Nederlands: ingestorte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opbou
Volgende onderwerp: afbetaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 00:48:36 MGT 2024