Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skig
skig [boodskap #140654] Vr, 09 Desember 2022 12:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Skig word dikwels as waarskuwing teen hoogspanning gebruik.
'n Skig word dikwels as waarskuwing teen hoogspanning gebruik.
skig
Afbreking: skig


Selfstandige naamwoord: skig
Meervoud: skigte

Betekenis:
• (digterlik) 'n Vinnige, sterk ligstraal. 'n Flits/blits van skerp lig.
• (ongewoon) 'n Pyl of straal.

Gebruik:
• 'n Spektrum van lig: van skig tot dynserige impressie. [Die forel, Ferdi Wheeler]
• Ek is te diep al deur sy skig deurboor. [Romeo en Juliet, André P. Brink]

Afgelei:
• bliksemskig
• skigtig

Vertaling:
Engels: flash, ray; arrow, dart
Nederlands: schicht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lekkerte
Volgende onderwerp: skigtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 00:47:40 MGT 2024