Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gebed ?
Gebed ? [boodskap #62008] Ma, 13 Mei 2002 13:57 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet eerlik wees, ek het Koos du Plessis se "Gebed" vir die eerstemaal so
twee maande terug gehoor.

Dit is op 'n CD van Mathys Roets - en ek kan my nie voorstel dat iemand dit
beter sal kan doen nie. (Ek is ook oortuig dat Mnr Du Plessis aan my gedink
het toe hy dit geskryf het.)

Nou. Kan iemand dit asseblief plaas ...
Re: Gebed ? [boodskap #62015 is 'n antwoord op boodskap #62008] Ma, 13 Mei 2002 16:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jonas
Ek moet eerlik wees, ek het Koos du Plessis se "Gebed" vir die
eerstemaal so twee maande terug gehoor.

Dit is op 'n CD van Mathys Roets - en ek kan my nie voorstel dat
iemand dit beter sal kan doen nie. (Ek is ook oortuig dat Mnr Du
Plessis aan my gedink het toe hy dit geskryf het.)

Nou. Kan iemand dit asseblief plaas ...

Wouter
Ek is 'n groot fan van Mathys Roets. Soos in groot. Ek het al sy
CD's, ook Nokturne, waar hy net Koos Doep se liedjies sing.
Hy sing bv. "Sprokie van 'n Stadskind" beter as enige iemand.

Maar die beste weergawe van Koos se "Gebed" word deur
Koos se dogter Karla gesing. Met insetsels van Koos se eie
stem. Dit verskyn onder andere op die CD Tydloos Volume 2.
Dis iets baie spesiaal, gee jou trane in jou oë.
Re: Gebed ? [boodskap #62034 is 'n antwoord op boodskap #62015] Ma, 13 Mei 2002 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Maar die beste weergawe van Koos se "Gebed" word deur
> Koos se dogter Karla gesing. Met insetsels van Koos se eie
> stem. Dit verskyn onder andere op die CD Tydloos Volume 2.
> Dis iets baie spesiaal, gee jou trane in jou oë.

Ja, ek het vandag twee-keer gehuil. Eenkeer
toe ek weer Gert Vlok Nel se vaarwel aan Koos
du Plessis geluister het. Toe gaan haal my man
die video uit wat 'n soort van huldeblyk is aan
Koos du Plessis nadat hy dood is (in 1984.)
Ek het vergeet daarvan. Ek het vergeet hoeveel
kleiner en jonger hy lyk op die snitte van hom
wat hulle ingesit het. Ek het vergeet dat hy glo
joernalis was (by watter koerant?)
Wie van julle het hom in lewende lywe gesien?

Gloudina
Re: Gebed ? [boodskap #62052 is 'n antwoord op boodskap #62034] Di, 14 Mei 2002 04:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Ou (vergete) vrind van my was 'n drinkersbroer van Mnr Du Plessis - ek
sal hom, wanneer ons weer raakloop, "debrief" oor die man.

Pretoria het 'n seun in hom gehad - "stil broers ..."

Ek sal Karla se weergawe van Gebed soek - sy verrig klaarblyklik tans
sang/musiek funksies by Menlo Park Laerskool in Pretoria. Haar samesang met
haar pa is 'n belewenis - amper soos die Nat King Cole meisie en haar pa.
skryf in boodskap news:3CE0152B.3060004@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Maar die beste weergawe van Koos se "Gebed" word deur
>> Koos se dogter Karla gesing. Met insetsels van Koos se eie
>> stem. Dit verskyn onder andere op die CD Tydloos Volume 2.
>> Dis iets baie spesiaal, gee jou trane in jou oë.
>
>
> Ja, ek het vandag twee-keer gehuil. Eenkeer
> toe ek weer Gert Vlok Nel se vaarwel aan Koos
> du Plessis geluister het. Toe gaan haal my man
> die video uit wat 'n soort van huldeblyk is aan
> Koos du Plessis nadat hy dood is (in 1984.)
> Ek het vergeet daarvan. Ek het vergeet hoeveel
> kleiner en jonger hy lyk op die snitte van hom
> wat hulle ingesit het. Ek het vergeet dat hy glo
> joernalis was (by watter koerant?)
> Wie van julle het hom in lewende lywe gesien?
>
> Gloudina
>
Re: Gebed ? [boodskap #62132 is 'n antwoord op boodskap #62034] Wo, 15 Mei 2002 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Koos was 'n joernalis by Beeld. Ons vrind Ferdi het hom dalk geken.

Nogmaals dankie, Gloudina, vir al jou moeite met die lirieke.

Koot

skryf in boodskap news:3CE0152B.3060004@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>
>> Maar die beste weergawe van Koos se "Gebed" word deur
>> Koos se dogter Karla gesing. Met insetsels van Koos se eie
>> stem. Dit verskyn onder andere op die CD Tydloos Volume 2.
>> Dis iets baie spesiaal, gee jou trane in jou oë.
>
>
> Ja, ek het vandag twee-keer gehuil. Eenkeer
> toe ek weer Gert Vlok Nel se vaarwel aan Koos
> du Plessis geluister het. Toe gaan haal my man
> die video uit wat 'n soort van huldeblyk is aan
> Koos du Plessis nadat hy dood is (in 1984.)
> Ek het vergeet daarvan. Ek het vergeet hoeveel
> kleiner en jonger hy lyk op die snitte van hom
> wat hulle ingesit het. Ek het vergeet dat hy glo
> joernalis was (by watter koerant?)
> Wie van julle het hom in lewende lywe gesien?
>
> Gloudina
>
Re: Gebed ? [boodskap #62154 is 'n antwoord op boodskap #62132] Wo, 15 Mei 2002 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Koos was 'n joernalis by Beeld. Ons vrind Ferdi het hom dalk geken.

Wel, ons vriend Ferdi het blykbaar verkas van
hierdie nuusgroep af. Ek dink hy het geskrik
toe Danielle sy telefoonnommer wou hê.

Gloudina
Re: Gebed ? [boodskap #62156 is 'n antwoord op boodskap #62154] Wo, 15 Mei 2002 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 May 2002 20:53:19 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Koot Pieterse wrote:
>
>> Koos was 'n joernalis by Beeld. Ons vrind Ferdi het hom dalk geken.
>
>
> Wel, ons vriend Ferdi het blykbaar verkas van
> hierdie nuusgroep af. Ek dink hy het geskrik
> toe Danielle sy telefoonnommer wou hê.
>
> Gloudina
>

Julle vriend Ferdi het al die indruk gewek
dat hy steeds kort kort kyk wat hier aangaan.
Gelukkig is daar 'n moontlikheid dat ek
verkeerd raai.

DD
Re: Gebed ? [boodskap #62159 is 'n antwoord op boodskap #62154] Do, 16 Mei 2002 01:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Wel, ons vriend Ferdi het blykbaar verkas van
> hierdie nuusgroep af. Ek dink hy het geskrik
> toe Danielle sy telefoonnommer wou hê.

Gmmff...julle vriend is 'n wurm.
Ferdi [boodskap #62160 is 'n antwoord op boodskap #62156] Do, 16 Mei 2002 01:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Julle vriend Ferdi het al die indruk gewek
> dat hy steeds kort kort kyk wat hier aangaan.
> Gelukkig is daar 'n moontlikheid dat ek
> verkeerd raai.

Nee, ek dink jy raai reg. :-)
Maar as Koot en Gloudina so baie na hom verlang, kan hulle mos vir hom
gaan kuier daar by die rooinekke waar hard aan sy engels oefen
(gedurende werksure nogal).
Re: Ferdi [boodskap #62168 is 'n antwoord op boodskap #62160] Do, 16 Mei 2002 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Netjiese antwoord!

"Katryn" skryf in boodskap news:dq36eu0tm3vpaedpm631jpd9qng4a38ukl@4ax.com...
> Davie Davis wrote:
>
>> Julle vriend Ferdi het al die indruk gewek
>> dat hy steeds kort kort kyk wat hier aangaan.
>> Gelukkig is daar 'n moontlikheid dat ek
>> verkeerd raai.
>
> Nee, ek dink jy raai reg. :-)
> Maar as Koot en Gloudina so baie na hom verlang, kan hulle mos vir hom
> gaan kuier daar by die rooinekke waar hard aan sy engels oefen
> (gedurende werksure nogal).
>
Re: Ferdi [boodskap #140555 is 'n antwoord op boodskap #62168] So, 06 November 2022 20:40 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Koos Doep het blykbaar dié gedig se laaste twee reëls drie dae voor sy dood op 12 Januarie 1984 verander na:

… Nou verstaan ek… Here U is die rus
Laat geeneen my dit ontneem…
Vorige onderwerp: die spinnekop teen die hek
Volgende onderwerp: Theo Wassenaar - Tweede Sonnet...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:08:53 MGT 2024