Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » besiel
besiel [boodskap #140418] Ma, 10 Oktober 2022 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
besiel
Afbreking: be•siel
Samestelling: be- + siel


Werkwoord: besiel
Verlede tyd: het besiel

Betekenis:
• Om te inspireer en geesdrif op te wek.

Gebruik:
• Haar entoesiaste het my besiel om by die inisiatief betrokke te raak.

Spreekwoord:
• Wat besiel jou? [Waarom doen jy iets so belagliks?]

Sinoniem:
• aanspoor
• aansteek
• aanvuur
• begeester
• bemoedig
• inspireer
• motiveer

Afgelei:
• besielend
• besieling

Vertaling:
Engels: to inspire
Nederlands: bezielen


Byvoeglike naamwoord: besiel, besield
Attributief: besielde

Betekenis:
• Met groot geesdrif en opgewondenheid.

Gebruik:
• Die dominee het 'n besielde preek gelewer.

Afgelei:
• besieldheid

Vertaling:
Engels: inspire, ensoul
Nederlands: bezield

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedinging
Volgende onderwerp: joviaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 03:44:05 MGT 2024