Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skraalhans
skraalhans [boodskap #140407] So, 09 Oktober 2022 12:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
De Kanadese skraalhans.
De Kanadese skraalhans.
skraalhans
Afbreking: skraal•hans
Samestelling: skraal + hans


Selfstandige naamwoord: skraalhans
Meervoud: skraalhanse
Verkleinwoord: skraalhansie
Meervoud van verkleining: skraalhansies

Betekenis:
• Geharde kruidplant, tot 2 meter hoog, met wit blomme en sade wat in wind versprei, Conyza-soorte.
• (ongewoon) Gierige en inhalige persoon; 'n vrek, suinigaard, gierigaard.
• (ongewoon) Baie lang en maer persoon; langhans, maerjan.

Gebruik:
Skraalhans is 'n algemene onkruid wat wyd oor Suid-Afrika voorkom.
• Hy het lang genoeg vir die maatskappy gewerk om te besef wat se skraalhanse hulle is.
• Hy is 'n skraalhans, maar so sterk soos 'n os.

Spreekwoord:
• Dit is by hom maar skraalhans. [Hy is behoeftig.]
Skraalhans is vandag die kok. [Daar is vandag min om te eet.]

Hiponiem:
• Kanadese skraalhans (C. canadensis)
• kleinskraalhans (C. bonariensis)
• vaalskraalhans (C. sumatrensis)

Vertaling:
Engels: fleabane; scrooge, niggard; skinny person
Nederlands: fijnstraal; schraalhans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: parmant
Volgende onderwerp: lekkasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 02:39:06 MGT 2024