Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Stalin se hekstegniek
Stalin se hekstegniek [boodskap #14035] Vr, 24 April 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Maar selfs in Zimbabwe is die einde nog
> nie in sig nie. Volgens een koerant hier
> is een-derde van Zimbabwe bos waar net
> diere lewe, een-derde word bevolk deur
> die nie-blanke bevolking, en die ander
> een-derde bevat die omtrent 4000 plase
> waarop die meestal wit boere bly.

En raai watter derde voed die volk van Zimbabwe volgens die wêreldbank?

> Waar
> is die reg en geregtigheid daar. Hoelank
> moet die swart bevolking nog wag vir hul
> regmatige porsie van hulle eie land.

Hulle besit die _hele_ land, Gloudina! Soos die wêreldbank hulle op gewys
het, moet hulle net goeie rentmeesters daarvan wees, en goed wees vir die
handjievol boere wat verhoed dat die res van hulle met ingevoerde kos gevoed
moet word.

Soos Stalinistiese Rusland, wie se grondverdelingsbeleid jy klaarblyklik
hier verkondig.

En nou word die hekse uitgewys:

> En
> wat word in SA gedoen om hierdie onbalans
> reg te stel. Hoop Derek Hanekom doen sy
> werk.

En wat sou dit wees, Gloudina? Vermoor en verjaag die Kulakke?

Dit lyk asof hy wel daarmee besig is.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Die hekstegniek - verdere voorbeeld
Volgende onderwerp: Die hekstegniek in 'n vingerhoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 01:54:57 MGT 2024