Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nietigheid
nietigheid [boodskap #140339] Do, 29 September 2022 20:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nietigheid
Afbreking: nie•tig•heid
Samestelling: nietig + -heid


Selfstandige naamwoord: nietigheid
Meervoud: nietighede
Verkleinwoord: nietigheidjie
Meervoud van verkleining: nietigheidjies

Betekenis:
• Die toestand van nietig (klein en onbelangrik) wees.

Gebruik:
• As jy na die sterre kyk raak jy opnuut bewus van die nietigheid van die mens.

Sinoniem:
• beuselagtigheid
• futiliteit
• kleinigheid
• onbeduidendheid
• onbelangrikheid
• onbenulligheid

Vertaling:
Engels: insignificance
Nederlands: nietigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dipsomanie
Volgende onderwerp: berekening
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 18:34:52 MGT 2024