Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afwerk
afwerk [boodskap #140316] Ma, 26 September 2022 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afwerk
Afbreking: af•werk
Samestelling: af + werk


Werkwoord: werk af, afwerk
Verlede tyd: het afgewerk

Betekenis:
• Om die laaste fyn details aan te bring; finale versorging.
• Om stelselmatig af te handel.

Gebruik:
• Die bank word met 'n laag vernis afgewerk.
• Sy probeer haar skuld afwerk.

Sinoniem:
• afhandel
• afpoets
• afrond
• finaliseer
• klaarmaak
• voltooi

Afgelei:
• afwerker
• afwerking
• afwerkkant
• afwerklaag
• afwerkmasjien
• afwerkrand

Vertaling:
Engels: to finish, complete, work off
Nederlands: afwerken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kroegman
Volgende onderwerp: eenkleurig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 03:38:20 MGT 2024