Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nabetragting
nabetragting [boodskap #140298] Sa, 24 September 2022 14:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nabetragting
Afbreking: na•be•trag•ting
Samestelling: na + betragting


Selfstandige naamwoord: nabetragting
Meervoud: nabetragtinge, nabetragtings

Betekenis:
• Om agterna weer oor 'n saak na te dink; dit in oënskou neem.

Gebruik:
• Ter nabetragting was dit dalk nie so 'n slim plan nie.
• Ná die wedstryd het die spelers nabetragting in die kleedkamer gehou.

Sinoniem:
• besinning
• evaluering
• hersiening
• meditasie
• nadenke
• oordenking
• oorpeinsing

Afgelei:
• nabetragtingsdiens

Vertaling:
Engels: reflection, meditation
Nederlands: nabeschouwing, reflectie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: instansie
Volgende onderwerp: onbeskaaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 02:38:34 MGT 2024